Logo
web uni tv guide

Jan Braai Vir Erfenis

144KookprogramPG

Jan Braai vir Erfenis: Tour de Braai

Nuus
08 Januarie 2017
Wil jy deel wees van Jan Braai se Tour de Braai? Lees dan verder.
Jan Braai Tour Bill

In 8 Januarie se episode van Jan Braai vir Erfenis het Jan kykers aan ’n splinternuwe konsep voorgestel: Die Tour de Braai.

Dié fietstoer is so iets tussen ’n toer en ’n vakansie, en beoog om die land se grondpaaie op ’n fiets aan te durf en só vir deelnemers op ’n beeldskone rit deur van Suid-Afrika se mooiste plekke te neem.

Die Tour de Braai gaan afskop op 7 Mei 2017 en eindig op 12 Mei 2017. Oor dié vyf dae sal Jan saam met 20 fietsryers vanaf George tot in Swellendam ry.

Die span sal verblyf in gastehuise en hotelle reël en jou bagasie van die een punt na die volgende vervoer. Daar sal ook drie etes per dag voorsien word (boonop sal daar tipies Jan heerlik gebraai word!).

Moet jy fiks wees? Die Tour de Braai is nie ontwerp om ’n uiters tawwe uitdaging te wees nie. Dis eerder ’n prettige vakansie, wat jy op die rug van ’n fiets gaan deurbring.

Vir volledige besonderhede oor die toer, en om in te skryf, besoek Jan Braai se webblad.