Oor die program

Jan Braai is terug vir ’n nuwe seisoen vol avontuur en braai! Jan en die span skop die seisoen af met ’n reis na die vrugbare en prentjiemooi Ceres. Kykers kan, onder andere, uitsien na wyn en lekker kos by die ATKV Goudini-oord, Jan wat fietstrap van George tot in Swellendam, ’n verkenningstog van die skilderagtige Vrystaatse dorpie, Clarens, en ’n besoek aan ’n self-onderhoudende forelplaas in Montagu.

Lees meer
Volgende Episode

Kom binnekort

S8 | E3 20 Julie 18:00

'S8/E3'. Jan Braai se groot passies is braai en fiets ry. Tydens die episode doen hy altwee, gelyk, in styl. Hulle trap van George tot in Swellendam en natuurlik word daar heelwat gebraai. #JanBraai