Logo
kN Digital Banners Template In die SopSlim Homepage 1600x160
web uni tv guide

In Die Sop

144RealiteitPG13 L

Bertus Basson

Bertus is ‘n veel-bekroonde en gewilde sjef met vyf suksesvolle restaurante in Stellenbosch. Hy het in graad 11 reeds die skoolbanke vir die kombuis verruil en het geen formele opleiding as sjef nie. Bertus het sy skoolgelde in die kombuis betaal – hy kén sukses en hy kén swaarkry – en deel die kennis wat hy langs die pad opgedoen het met vrymoedigheid. Sy kosfilosofie is gegrond in ‘n passie vir plaaslike produkte, ‘n liefde vir tradisionele Suid-Afrikaanse geregte en die tong-in-die-kies vernuwing van klassieke treffers.

Bertus is ook die ster van die opkomende reeks, Sjefshuis. In dié program maak agt jong sjefs hulle tuis in ’n villa waar hulle meeding om ’n vet kontantprys én ’n vakleerlingskap by Bertus te wen. Hierdie reeks skop die 27ste Mei om 20:00 op VIA af.

Nico
Misi
Bertus