Logo
Hotel S5 Slim

Nege pryse vir kykNET by SAFTAs

Nuus
27 Maart 2018
Dié programme en films uit die kykNET-stal is met SAFTAs vereer.
SAFTAs-2018-Karen-Zoid-RZA

Karen Zoid, aanbieder van die bekroonde geselsprogram Die Republiek van Zoid Afrika. FOTO: Verskaf

Om in Afrikaans te skep is ’n voorreg en ’n plesier. As daardie werk dan nog erkenning kry en pryse wen, is dit ’n besonder soet kersie op die koek.

Ons is baie trots op die programme en films uit ons kykNET-stal wat by die 2018-Suid-Afrikaanse rolprent- en televisiepryse (SAFTAs) vereer is. Dit spreek van toegewyde werk voor en agter die kameras.

Die drie kykNET-kanale streef daarna om elke dag plaaslike vermaak van internasionale gehalte aan ons kykers te bied. Ons bedank elkeen van die mense wat dag en nag werk in diens van hierdie ideaal.

Baie geluk aan die volgende akteurs en produksies:

Beste geselsprogram

Die Republiek van Zoid Afrika

Beste kostuumontwerp in ’n TV-drama

Die Boekklub 2

Beste aktrise in ’n TV-komedie

Carine Rous Elke Skewe Pot

Beste ondersteunende akteur in ’n TV-komedie

Schalk BezuidenhoutHotel

Beste draaiboek in ’n TV-sepie

Suidooster

Beste ondersteunende aktrise in ’n TV-drama

Jana CilliersDie Boekklub 2

Beste ondersteunende aktrise in ’n TV-sepie

Tarryn Lamb – Suidooster

Beste aktrise in ’n vollengte film

Crystal-Donna Roberts – Krotoa

Beste leefstylprogram

Edik van Nantes