Logo
HMSMSM
web uni tv guide

Hoor My Sien My Soen My

144Realiteitsprogram6

Skryf in vir hoor my, sien my, soen my

Vind liefde saam met kykNET en die nuwe realiteitsformaat Hoor my, sien my, soen my.

Liefde vind is nie aldag maklik nie en hierdie realiteitsformaat bied vir elke moontlike pot die kans om hul deksel eers behoorlik uit die boom te kyk voor hul vir die eerste keer ontmoet. In Hoor my, sien my, soen my kry voornemende pasmaats die geleentheid om mekaar beter te leer ken deur ’n dag saam te spandeer, maar mekaar nooit in lewende lywe te sien nie.

In dié reeks, gebaseer op die internasionale treffer-reeks, Hear me, love me, see me, sal deelnemers op ’n virtuele toe-oog-afspraak met drie potensiële pasmaats gaan. Deur middel van die lyfkameras wat die pasmaats dra, sal die deelnemer ’n blik op elk van hulle lewens kry.

Só leer ken die betrokke partye mekaar en kry die geleentheid om te gesels en te flankeer… Sonder om ooit te sien hoe die ander een lyk! Aan die einde van die dag, na drie toe-oog-afsprake, besluit die deelnemer met watter pasmaat hy of sy meer tyd wil spandeer. Dan volg die oomblik waar die deelnemer vir die eerste keer die drie pasmaats van aangesig tot aangesig ontmoet.

Inskrywings is oop vir enige Suid-Afrikaners op soek na liefde en bo die ouderdom van 18. Voornemende deelnemers en pasmaats het tot 31 Oktober 2019 om in te skryf deur die vraelys hier onder in te vul en ’n kort video in te sluit. Pasmaats sal volgens voorkeure en belangstellings gepaar word en suksesvolle kandidate sal deur die produksiemaatskappy gekontak word.

Net suksesvolle aansoeke sal gekontak word. Indien jy belangstel om aan dié opwindende reeks deel te neem, skryf dan sommer dadelik hier onder in: