Logo
Hier gaan ons alweer
web uni tv guide

Hier Gaan Ons Alweer

144HengelprogramPG

Protea-goud: Hier gaan hulle alweer

Nuus
14 Desember 2016
Suid-Afrika se Protea-kunsaashengelspan het vir die eerste keer in 6 jaar goud in die internasionale toernooi in Malawi verower.
Die Protea-span praat mekaar moed in net voor die wegspring

Petri de Wet, Andre van Rooyen, Emile van Druten en Pieter Reynecke


Suid-Afrika se Protea-kunsaashengelspan het vir die eerste keer in 6 jaar goud in die internasionale toernooi in Malawi verower.

Die Protea-span, wat deur die Suid-Afrikaanse Kunsaashengel Vereniging gekies is, is kaptein Pieter Reynecke en drie manne van die kykNET-hengelprogram Hier gaan ons alweer, Petri de Wet, Andre van Rooyen en Emile van Druten. Die spanbestuurder was Steven Wright.

Die span moes dit uitspook op die Malawi-meer, wat 560 km lank, 75 km breed en 706 meter diep is. Op dié reusedam was die Protea-span ongetwyfeld die “underdogs” – die span het dit in 2010 laas reggekry om Malawi op hul tuiswater te klop. Drie ander spanne het ook aan die toernooi deelgeneem.

Malawi het op dag een vir die Protea-span gewys hoe dit gedoen word. Die Proteas het maar derde geëindig.









Op dag twee het die Proteas egter iets reggekry wat deur almal by die toernooi as onmoontlik beskou word. Goeie leiding deur die kaptein en twee nuwe rekords wat gevang is deur Petri de Wet en Emile van Druten het die span gehelp om moontlik die beste terugveg-poging reg te kry.

Aan die einde van dag twee wen die Protea-span vir Malawi en ook die toernooi. Steven Wright het ook goud gevat in die kategorie vir Beste Bestuurder.

Duidelik kan die manne van Hier gaan ons alweer nie net op TV hengel nie, maar die land op internasionale vlak ook trots maak.

Baie dankie aan Kingfisher, Daiwa, Salmo Lures en Lowrance, wat bygedra het tot die span se sukses.

Goud vir Suid-Afrika!