Logo
Hier gaan ons alweer
web uni tv guide

Hier Gaan Ons Alweer

144HengelprogramPG

Hier gaan ons alweer: Tien vinnige feite

Nuus
24 Oktober 2017
Het jy geweet? Hier is tien vinnige feite wat aanhangers van Hier gaan ons alweer, kykNET se hengelprogram, moet weet.
HGOA

  1. In die geskiedenis van kykNET is Hier gaan ons alweer die program wat al vir die langste uitgesaai word – dié hengelprogram is al vir 15 jaar op die lug.
  2. Alle episodes van Hier gaan ons alweer is kykNET-oorspronklik, uitgesaai eksklusief op kykNET. Hoeveel visse dink jy het hulle al oor die sestien seisoene gevang?
  3. Aanbieder Petri de Wet besit tans talle Suid-Afrikaanse rekords, sowel as ’n hele string wêreldrekords. Wat dit uniek maak is dat dié rekords slegs behaal kan word as jy jou visse doodmaak. Petri wyer egter om sy visse dood te maak.
  4. Hier gaan ons alweer het gedurende die verkiesing in Zimbabwe gehengel, wat bekendstaan as 'n gevaarlike tyd in hul geskiedenis.
  5. Petri het in 2016 Suid-Afrika verteenwoordig in die Internasionale Hengel Kampioenskappe in Malawi, en het goud verower.
  6. Petri het ook in 2017 Suid-Afrika verteenwoordig in Rusland by die Artlure Wêreld Kampioenskappe – dit mét ’n ontwrigte skouer.
  7. Petri is in Namibië gebore, en is 43 jaar oud.
  8. Petri en die Hier gaan ons alweer-span was betrokke in ’n bootongeluk op die Cahora Bassa-dam, en moes die aand op ’n sandbank tussen krokodille deurbring terwyl twee spanlede oorgeswem het na die oewer om hulp te ontbied. Terwyl hulle gewag het, moes Petri die boot oorbou met boomstompe, met krokodille wat hom bekruip het.
  9. Die Hier gaan ons alweer-span het al in nege lande gehengel. Dit sluit Angola, Botswana, Namibië, Swaziland, Zimbabwe, Lesotho, Malawi, Rusland en Mosambiek in.
  10. Petri was tweede in Suid-Afrika met skaatsplank ry, ’n Springbok kickboxer wat aan twee wêreld-kampioenskappe deelgeneem het, en hy was vier keer ’n Suid-Afrikaanse kampioen in gimnastiek.

Hier gaan ons alweer saai Maandae om 17:30 uit op kykNET. Volg ons op Facebook en Twitter en Instagram, en gesels saam met die hutsmerk #HierGaanOnsAlweer.