Logo
GN 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Groen: Namibië

144ReisprogramPG

Groen: Namibië kry tweede seisoen

Nuus
19 Mei 2016
Groen: Namibië keer terug vir ’n nuwe seisoen, wat van 6 Julie 2016 op kykNET uitgesaai sal word.
Groen Namibie 2 Feat

Of dit nou olifante, leeus, wildehonde, ystervarke, apies of rooikatte is, Rudie en Marlice van Vuuren van die Naankuse Wildlife Sancuary in Namibië is op die voorpunt van die rehabilitasie en bewaring van wilde diere in suidelike Afrika.

Groen: Namibië reis saam op verskeie van dié twee natuurliefhebbers se werk-uitstappies regoor die pragtige land en sien ook die werk wat hulle op Naankuse doen.

Die gewilde reeks is terug, en oor 13 episodes kry die kyker onder meer ’n blik op hoe olifante in die noorde van die land GPS-bande kry, hoe ’n rooikat en jong jagluiperd geskuif moet word, die seelewe van Walvisbaai word verken, en dan maak die gesin ook ’n draai by Marlice se grootwordplek in Gobabis.







Dis ’n reeks wat geen natuurliefhebber durf misloop nie!

Kyk Groen: Namibië vanaf 6 Julie 2016 op kykNET.