Logo
Koekedoortjie
web uni tv guide

Koekedoortjie

144KosprogramFamilie

Tannie Elizabeth sê dit soos dit is

Nuus
24 April 2018
‘Is Suid-Afrika gereed vir kinders in die kombuis? Ek dink tog so.’ Dit is wat Tannie Elizabeth van Koekedoor-faam te sê het oor die nuutste toevoeging tot die kykNET-kombuis.
Koekedoortjie-Tannie-Elizabeth

Foto verskaf


Tydens die verfilming van Koekedoortjie, wat Woensdae om 20:00 te sien is op DStv-kanaal 144, het tannie Elizabeth die produksiespan verras toe sy op stel kom inloer het.

Sy vertel dat sy baie opgewonde is om die jong bakkers vir die volgende paar weke lank op die kassie te volg. “Ek persoonlik dink dit is ’n vernuwende toevoeging tot gebak, omdat TV so bekombaar is in al ons huise. Almal sien dit in hul huise, en dus kan almal hulself daarmee vereenselwig”

Volgens haar is kinders altyd welkom in die kombuis, “solank hy sy ma kan help.”

“My jongste het letterlik groot geword onder sy ma se voete.”


Tannie Elizabeth is vasbeslote dat kinders deesdae nodig is in die kombuis, veral omdat so baie vrouens deesdae werk. “Daar is takies wat hulle kan verrig sonder hul ma’s, en miskien is dit ’n geleentheid om [’n nuwe vaardigheid] aan te leer.”

Sy vertel dat haar liefde vir gebak eers na skool ontstaan het. “Ons was drie dogters, en ek was die oudste. Ek moes al op die vroeë ouderdom van ses jaar oud my ma in die kombuis bystaan.”

Maar hoewel sy as kind gebak en brou het, erken sy dat sy dit nie altyd uit liefde gedoen het nie. “Ek het werklik eers lief geraak vir bak toe ek op universiteit was en dit vir my lekker was om huis toe te kom en iets te doen. En dit was natuurlik gebak.”

Sy verduidelik: “My liefde vir gebak kom van my ma en skoonma, en ook van die feit dat ek self ’n huisvrou was en vir my gesin voorsiening moes maak met gebak.

“Jy probeer elke keer verbeter op dit wat jy reeds gedoen het en raak later net lief daarvoor.”

Oor Koekedoortjie sê sy dat alles wat in die stoor aangepak word, is tipies Suid-Afrikaans. Sy glo dus dat kinders regoor die land kan leer wat tipies is van Suid-Afrikaners. “Kykers moet inskakel, eerstens, omdat dit Suid-Afrikaans is. [Die kinders] maak Suid-Afrikaanse geregte, en hulle werk so dat Suid-Afrikaanse kinders kan verstaan wat hulle doen – dít kan net as inspirasie dien om na hulle te kyk.

Koekedoortjie saai Woensdae om 20:00 op kanaal 144 uit. Moenie die volgende aflewering misloop nie. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Koekedoortjie.