Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V

Saftas 2017: Stem vir jou gunsteling kykNET-sepie

Nuus
07 Februarie 2017
kykNET se drie sepies is vir die Suid-Afrikaanse rolprent- en televisiepryse (Saftas) benoem. Stem só vir jou gunsteling!
Sepies Saftas 2017

Die benoemings vir gewildste TV-sepie is bekend, so maak seker jy stem vir jou gunsteling kykNET-sepie!

Die Suid-Afrikaanse rolprent- en televisiepryse (Saftas) word vanjaar vir die 11de keer uitgedeel. Talle Afrikaanse projekte is verlede jaar met dié toekennings vereer. Lees hier.

Binnelanders


Binnelanders, ’n halfuur lange weeksdag-drama, handel oor die wel en weë van die mense wat hul toevlug en heil vind by die Binneland-kliniek. Alles lyk van ver af gesond, maar in die gange en sale van dié kliniek – heel dikwels ook in die raadsale – is dit ’n ander storie.

Om vir Binnelanders te stem, SMS die kode 3 na 48430 (dit kos R1,50 per SMS).

Getroud met Rugby – Die Sepie


Die gewilde reeks Getroud met Rugby is sedert April 2016 ’n sepie. Terwyl sleutelkarakters uit die dramareeks se storielyne voortgaan, het kykers met heelwat nuwe spelers – en natuurlik ook storielyne – kennis gemaak.

Om vir Getroud met Rugby – Die Sepie te stem, SMS die kode 5 na 48430 (dit kos R1,50 per SMS).

Suidooster


’n Matriarg, haar twee dogters, kleinkinders en haar vriende. Dié sepie vertel van die mense van Suidooster, ’n klein winkel- en sakesentrum in Ruiterbosch, ’n fiksionele voorstad in Kaapstad. Drie gesinne lewe en werk saam en deel noodwendig in mekaar se lief en leed.

Om vir Suidooster te stem, SMS die kode 14 na 48430 (dit kos R1,50 per SMS).