Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V

Kyk wie kuier by Getroud met Rugby!

Nuus
26 Oktober 2017
Pierre van Pletzen het onlangs by die rolverdeling van Getroud met Rugby aangesluit.
GMR-Pierre

FOTO’S: Verskaf

Pierre van Pletzen het onlangs by die rolverdeling van Getroud met Rugby aangesluit. Vir dié nuwe rol moes hy ’n gedaanteverwisseling ondergaan om ondermeer van sy kenmerkende baard en haarstyl ontslae te raak. Dus is die ou karakter van Manie Kraaywinkel in Phil 101 nou iets van die verlede.

Kykers sal egter moet wag tot 15 Januarie 2018 om uit te vind waar sy karakter inpas. Intussen is hy ook aan die stuur van die regie-span by kykNET se nuwe komedie Die Kasteel saam met Josh Rous en Andre Odendaal. Dit word tans voor ’n gehoor opgeneem en jy kan deel wees van die opwinding!

Lees Pierre se volledige onderhoud in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.