Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V

Getroud met Rugby: Tien dinge

Nuus
24 Augustus 2016
Hier is tien dinge wat jy dalk nie van die sepie Getroud met Rugby geweet het nie.
Getroud met Rugby: Tien dinge

Hier is tien dinge wat jy dalk nie van die sepie Getroud met Rugby geweet het nie.

1. Die gebou waar Getroud met Rugby: die sepie verfilm word is reeds in 1951 gebou as Coca-Cola se hoofkantoor in Suid-Afrika. In 2002 is dit vervalle gevind en is dit omskep in ’n film-ateljee wat meer as 7000 vkm onder dak beslaan.
2. Daar is 95 permanente werknemers by Getroud met Rugby: die sepie.
3. Die skryfspan bestaan uit 10 lede wat regoor die land bly.
4. Die kostuum-afdeling beslaan meer as 300 vkm.
5. Akteurs kan soms tot 5 keer per dag ander kostuums aantrek.
6. Daar word daagliks verfilm vanaf 07:00 tot 19:00.
8. Tydens ontbyt word daar 13 dosyn eiers geëet (daagliks).
9. 5 kg koffiebone en 18 liter melk word daagliks gebruik.
10. Die bal-en-klou-meubels in die Bekker-huis kom werklik met ’n Bloemfontein-geskiedenis en het voorheen diens gedoen in ’n professor Retief se studeerkamer by ’n gastehuis in Bloemfontein. Dis gered uit ’n brand wat die gastehuis verwoes het en het nuwe bekleedsel gekry toe die Bekkers dit oorgeneem het.



Oe-la-la! Jy gaan dié foto’s van die Getroud met Rugby: die sepie-akteurs wíl sien!

Wie is wie? Hier is die rolverdeling.

Getroud met Rugby: die sepie is weeksaande om 18:30 op die kassie.