Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V

Getroud met Rugby se David Vlok is verloof

Nuus
12 Junie 2017
Getroud met Rugby se David Vlok het sy meisie van 6 jaar die jawoord gevra!
David Vlok Billboard

David Vlok, beter bekend as Gideon Bekker in Getroud met Rugby, het Saterdag verloof geraak aan Joanika Haasbroek. Hulle is sedert 2011’n paartjie.
 
Die geleentheid het plaasgevind tydens ’n ete by die huis van Lochner de Kock op Saterdag 10 Junie. Hy het hulle bederf met die lekkerste fynproewersete en ’n romantiese atmosfeer. Volgens David het hy en Lochner hierdie geleentheid al ’n jaar terug begin beplan.

Joanika was oorstelp van vreugde en moes later die aand net seker maak of sy wel ‘ja’ gesê het.

Die paartjie besluit nog oor ’n troudatum, maar David meen dit is Joanika se afdeling – hy het reeds sy werk gedoen om ’n onvergeetlike romantiese aand vir haar te reël.

As mens vir David vra hoe dit voel om verloof te wees is sy antwoord kort maar kragtig terwyl sy gesig ophelder: “Dit voel reg”.