Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V

Getroud met Rugby: Ontmoet vir Anna

Nuus
30 Oktober 2017
Hier is alles en meer wat jy van Anna Redelinghuys moet weet.
Getroud-met-Rugby_Anna-Redelinghuys

Hoekom is die 24-jarige Anna Redelinghuys, vertolk deur Kate Roothman, régtig in Johannesburg? Ons het met dié aktrise gesels om uit te vind wat kykers van haar en haar karakter móét weet.

Oor Anna:

“Sy is die tipiese what you see is what you get – plat op die aarde, free spirited, en ’n in-die-oomblik tipe karakter, wat die lewe tromp oploop.

“Anna is van Bloemfontein, en is in Johannesburg om haar honneursgraad in tale te voltooi. Sy is huisvriende met die Bekkers, dus bly sy by hulle, en as gevolg van sekere dinge wat in die verlede gebeur het, bring sy bietjie drama met haar saam.”

 

Oor Kate:

“Op skool was ek ’n groot Shark-ondersteuner, maar ek kyk nie juis meer rugby nie, so ek is ’n Stryder nou.

“Ek het op ’n plaas in Sannieshof groot geword in die Noord-Wes. Ek was baie meer tomboy as meisie, so die lekkerste herinneringe was toe ek en my neef in die stoor cowboys and crooks gespeel het, modderpoele gemaak het en met ons kaskarre daar deur gejaag het, en bane gebou het vir ons speelgoedkarre. 

“Ek is die enigste aktrise in ons familie.

“’n Hoogtepunt in my lewe tot dusver is om eerstens in die teenwoordigheid te kon [en kan] wees van akteurs wat ek al jare na opkyk, en tweedens dat dit nou ’n realiteit is om daadwerklik deel van die industrie te wees.

“Ek het in 2011 gematrikuleer te Hoërskool Sannieshof, en daarna musiekteater gaan studeer deur Trinity College onder leiding van Michelle Ayden Dramatix. 

“Ek is woonagtig in Krugersdorp.

“By die huis is ek maar net my happy-go-lucky self, en ek het ’n groot liefde vir my familie en vriende. So wanneer ook al ek ’n tydjie af het, is ek toegewyd daaraan om tyd saam met hulle te spandeer. 

“Ek is ’n sucker vir vintage klere. Jy kan my enige tyd omkoop met Burger King.

“Ek is 24 jaar oud, verjaar op die 4de Junie, en ek voldoen absoluut aan my sterreteken.”

Kate Roothman is weeksaande om 21:00 te sien in Getroud met Rugby. Gebruik die hutsmerk #kykNETGMR op Facebook, Twitter en Instagram en gesels saam.