Logo

Lea se in-jou-wildste-drome-reënboogkoek

Nuus
26 Junie 2018
Hoe sou jou ideale koek gelyk het as jou kreatiwiteit nie ingeperk was nie?
Lea Vivier_reenboogkoek

Foto verskaf

Julle almal onthou seker daardie toneel uit die Amerikaanse sitkom Friends waar Rachel probeer het om ’n Engelse-trifle aanmekaar te slaan. Ross was nie baie gelukkig met die uitkoms nie en het ewe komieklik opgemerk dat dit soos voete proe. Die selferkende foodie Joey het egter ’n ander opinie gehad:

Wat presies was in Rachel se omstrede trifle wat sulke verskillende reaksies ontlok het? Die lys is as volg: lady fingers, konfyt, beesvleis met ertjies en uie, vla, piesangs en geklopte room.

Dis egter nie net Rachel wat met nuutskeppings in haar vrye tyd vorendag kom nie. Tydens dié seisoen van Koekedoortjie, het die jong bakkers ook ’n koek opgetower met vreemde bestanddele soos kardemom, salty cracks, vars borrie en chai-tee. 

Ons kon nie help om te wonder hoe Mense Mense-aktrise Lea Vivier op dié uitdaging sou reageer nie. Sy het haar kreatiwiteit vrye teuels gegee en met die volgende nuutskepping vorendag gekom. Sy verduidelik ewe dat sy die stokmannetjie in die foto is, want dis hoe groot sy wil hê haar droomkoek moet wees.

Hier is die bestanddele wat haar lysie gehaal het:

1. Blatjang (Mrs Ball’s Chutney): dis my gunsteling-sous saam met enige gereg al vandat ek kan onthou (ons Kapenaars is mos lief vir kerrie, bobotie, en allerhande dinge Maleis...)

2. Kaneel: veral saam met my oggend-oats.

3. Avokadopeer: hulle sê mos dis groente-botter! Dis ook ’n gesonder alternatief vir room en botter.

4. Kekerertjies (chickpeas): ’n lekker proteïne vir die vegetariërs.

5. Uie: ’n gekarameliseerde ui is vir jou ’n lekker ding.

6. Penne-pasta: want hoekom nie?! 

LEER KEN LEA SE MENSE MENSE-KARAKTER VAN NADER HIER

Moenie ’n oomblik van die opwinding in die winterwonderland misloop nie. Skakel Woensdae om 20:00 in op DStv-kanaal 144 vir Koekedoortjie. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Koekedoortjie.