Logo
Koekedoortjie
web uni tv guide

Koekedoortjie

144KosprogramFamilie

En die wenner van Koekedoortjie is...

Nuus
27 Junie 2018
Wicus van Deventer is die wenner van kykNET se gewilde Koekedoortjie-werklikheidsreeks!
Koekedoortjie-Wicus

Dié twaalfjarige bakker van Prieska het in die finale episode van Koekedoortjie, wat Woensdagaand uitgesaai is, teen Nix Korff (13) van Centurion meegeding.

Wicus en Nix moes ’n “super nova sterrekoek wat na die sterre reik en hemels proe” bak. Wicus se weergawe en tegnieke het die beoordelaars, Mari-Louis Guy en Nic van Wyk, die meeste beïndruk. Kry die resep vir Wicus se spieëlkoek hier.

“Ek kan steeds nie glo ek het gewen nie, maar ek dink dit het my gewys dat aanhouer wen,” sê Wicus, wat in die Prieska Gekombineerde skool is. Wicus se pa, PG, is ’n boer en ma, Nini, is ’n onderwyseres.

Die beoordelaars is dit eens dat Wicus ’n waardige wenner is.

“Wicus was die under dog, maar soos wat ek al dikwels oor hierdie tipe reekse gesê het, is dat deelnemers net elke uitdaging moet vat soos dit gebeur,” sê Nic.

“Wicus het geluk aan sy kant gehad, want hy het dikwels droog gemaak, maar die wonderlike ding is dat dit hom nooit onder gekry het nie. Dit het hom eintlik sterker, en ’n meer gedugte mededinger gemaak, want hy gooi nie die handdoek, of eerder voorskoot, in nie.”

Mari-Louis glo Wicus, wat sy as ’n ware “jintelmin” beskryf, het ’n bakinstink soos min.

“Hy’t regtig ’n baie goeie aanvoeling vir gebak – veral van wat sal lekker proe en hoe lank iets moet rys,” sê sy.

“Soms het sy gebak – soos met die heuningkoek – nie so goed op die oog af gelyk nie, maar dan het sy smake ons betower!”

“Hy proe sy produkte en verstaan sy instinkte.”

Mari-Louis glo ook dat Koekedoortjie al die deelnemers se selfvertroue opgebou het.

“Dié reeks, net soos sy voorganger Kokkedoortjie, gee jong kinders ’n geleentheid om hul talente vir die wêreld te wys, want sukses kom immers in miljoene vorme,” sê sy.

Wicus se hoofprys is ’n vakansie in Dubai saam met sy hele gesin, geborg deur Pentravel.

Ons het met Wicus agter die skerms gesels nadat hy as wenner aangewys is – kyk die volledige video hier.

Koekedoortjie is vervaardig by Atlantic Studios in Milnerton, waar reekse soos Suidooster en Kwêla ook vervaardig word, geskiet.

Kyk hier wat het Nix te sê oor Wicus se oorwinning.

Indien jy die finale episode misgeloop het, skakel in vir die herhalings Donderdag om 15:30, Vrydag om 11:00, Maandag om 10:00 en 15:00, Dinsdag om 12:00 en Woensdag om 13:30.