Logo
Hotel

Huisgenoot Tempo’s: Vanjaar in ’n nuwe formaat!

Nuus
22 September 2017
Dit is tyd vir een van die grootste gebeurtenisse op die plaaslike vermaakkalender: Huisgenoot se jaarlikse Tempo-toekennings!
BoerSoeknVrou

Al die grootste vermaaksterre van die afgelope jaar is benoem, en die publiek kan nou vir hul gunstelinge in 19 afdelings stem. Boonop kan hulle vanjaar vir die eerste keer in ’n ekstra afdeling stem vir Huisgenoot se vermaakster van die jaar.

Vanjaar het die Tempo’s egter ’n gedaantewisseling ondergaan. “Met ’n nuwe eeu wat voor Huisgenoot uitgestrek lê, is dit tyd vir vernuwing; daarom kry Huisgenoot se Tempo-toekennings vanjaar ’n nuwe digitale baadjie,” sê Yvonne Beyers, redakteur van Huisgenoot. “Vanjaar word die Tempo-wenners nie aangekondig op ’n eenmalige geleentheid wat deur net ’n handjievol bekendes en rolspelers in die bedryf bygewoon word nie; al ons lesers word genooi om die adrenalien te ervaar wanneer 2017 se Tempo-wenners in Oktober regstreeks aanlyn op huisgenoot.com bekendgemaak word,” verduidelik sy. “Dit gaan ’n opwindende video-ervaring wees en ons nooi al ons lesers om deel te wees van die glans wanneer die grootste sterre van die afgelope jaar aangewys word!”

Opwindende pryse is op die spel vir lesers wat stem. Dit sluit in ’n vakansie vir twee ter waarde van R60 000 in die Maledive, geborg deur Perfect Destinations, twee nagte ter waarde van R9 000 in die Sun City Cascades-hotel en geskenkbewyse van Spree ter waarde van R1 000 elk.

Maar nou is dit tyd om te stem. Besoek huisgenoot.com om te stem, of kry al die benoemdes se name in Huisgenoot van 21 September, wat vanaf 15 September op die rakke sal wees.

Die benoemdes is:

Musiekpryse:

Nuweling van die jaar
A1 Arno Carstens – ‘Die Aandblom 13’
A2 Franja du Plessis – ‘My Verhaal’
A3 Jo Black – ‘Skepe’
A4 Marno van der Merwe – ‘Kalm Jou Army’
A5 Refentse – ‘My Hart Bly in ’n Taal’
A6 Twee – ‘Piekniek vir Twee’

Gospelalbum van die jaar
B1 Adam Barnard & Henri Scott – ‘Hallelujah SA’
B2 Broers – ‘Die Heiland Is Gebore’
B3 Duis:Lig – ‘Dans’
B4 Joe Niemand – ‘Vryheid’
B5 Neville D – ‘Prag van Verskil Seisoen 2’
B6 Piet Smit – ‘Liefde Is’

Kontemporêre album van die jaar
C1 Adam Tas – ‘Patatas en Pyptabak’
C2 Bok van Blerk – ‘Van De la Rey tot Nou’
C3 Elvis Blue – ‘Die Brug’
C4 Joshua na die Reën – ‘Die Wêreld Binne My’
C5 Riana Nel – ‘Jy Sal Weet’
C6 Ricus Nel – ‘Ouskool-Boerseun’

Pop-/sokkiealbum van die jaar
D1 4Werke – ‘4Warm’
D2 Adam – ‘Hoogtevrees’
D3 Dewald Wasserfall – ‘Jy Is die Storm’
D4 Juan Boucher – ‘Dis Wie Ek Is’
D5 Kurt Darren – ‘Sal Jy met My Dans?’
D6 Snotkop – ‘HKGK’

Liedjie van die jaar
E1 Adam – “Hoogtevrees”
E2 Franja du Plessis – “Stad van Verlange”
E3 Jo Black – “Skepe”
E4 Joshua na die Reën – “Die Wêreld Binne My”
E5 Karen Zoid – “Waar Was Jy?”
E6 Karlien van Jaarsveld – “Sing vir Liefde”
E7 Kurt Darren – “Kaalvoet Sokkie”
E8 Refentse – “Baby, Wat Eet Ons Vanaand?”
E9 Ricus Nel, Adam Tas, Bok van Blerk, Refentse – “Hardekole”
E10 Snotkop – “Cool Soos Koos Kombuis”

Musiekvideo van die jaar
F1 4Werke – Jy Slaan die Wind in My Seile
F2 Arno Carstens – Ontwaak
F3 Francois van Coke – Dit Raak Beter
F4 Jay en Lianie May – Da’ Vat Hy
F5 Joshua na die Reën – Die Wêreld binne My
F6 Karen Zoid – Waar Was Jy?
F7 Kurt Darren – Kaalvoet Sokkie
F8 Ricus Nel, Adam Tas, Bok van Blerk, Refentse – Hardekole
F9 Snotkop – Cool Soos Koos Kombuis
F10 Twee – Piekniek vir Twee

Flieks, TV, radio en boeke

TV-aanbieder van die jaar
G1 Elma Postma – Mooiloop!, Plaaskombuis
G2 Hannes van Wyk – Kwêla
G3 Karen Zoid – Republiek van Zoid Afrika
G4 Minki (Joubert) van der Westhuizen – Boer Soek ’n Vrou
G5 Pedro Kruger – Klavierkuiers met Pedro
G6 Schalk Bezuidenhout – Die Kliek

TV-reeks van die jaar: aktualiteit, werklikheid, speletjies
H1 Bobby en Karlien: In Jou Skoene
H2 Boer Soek ’n Vrou
H3 Bravo!
H4 Kom Ons Braai
H5 Noot vir Noot
H6 Republiek van Zoid Afrika

Fliek van die jaar
J1 Dis Koue Kos, Skat
J2 Jagveld
J3 Jonathan
J4 Jou Romeo
J5 Noem My Skollie
J6 Vir die Voëls

Akteur van die jaar: fliek
K1 Brendon Daniels – Tess
K2 Dann-Jaques Mouton – Noem My Skollie
K3 Francois Jacobs – Vir die Voëls
K4 Grant Swanby – Modder en Bloed
K5 Neels van Jaarsveld – Jagveld
K6 Stian Bam – Modder en Bloed, Uitvlucht

Aktrise van die jaar: fliek
L1 Amalia Uys – Sy Klink Soos Lente
L2 Christia Visser – Tess
L3 Leandie du Randt Bosch – Jagveld
L4 Lizz Meiring – Hoener met die Rooi Skoene
L5 Sandra Prinsloo – Twee Grade van Moord
L6 Simoné Nortmann – Vir die Voëls

TV-reeks van die jaar: drama, sitkom
M1 Die Boland Moorde
M2 Die Byl
M3 Fluiters
M4 Hotel
M5 Seepglad
M6 Swartwater

Akteur van die jaar: drama, sitkom
N1 Brendon Daniels – Die Boland Moorde
N2 Dirk Stoltz – Swartwater
N3 Jacques Bessenger – Fluiters
N4 Schalk Bezuidenhout – Hotel
N5 Stian Bam – Die Boland Moorde
N6 Waldemar Schultz – Die Byl

Aktrise van die jaar: drama, sitkom
P1 Antoinette Louw – Swartwater
P2 Lika Berning – Die Byl
P3 Martelize Kolver – Hotel
P4 Nicole Holm – Die Boland Moorde
P5 Sandra Prinsloo – Fluiters
P6 Tinarie van Wyk Loots – Die Boland Moorde

Akteur van die jaar: sepie
Q1 Abduraghmaan Adams – Suidooster
Q2 Clint Brink – Binnelanders
Q3 Dann-Jaques Mouton – 7de Laan
Q4 Germandt Geldenhuys – Binnelanders
Q5 Theodore Jantjies – 7de Laan
Q6 Werner Coetser – Getroud met Rugby

Aktrise van die jaar: sepie
R1 Carina Nel – 7de Laan
R2 Je-ani Swiegelaar – Binnelanders
R3 Jill Levenberg – Suidooster
R4 Kim Cloete – Binnelanders
R5 Marijke van der Westhuizen – Getroud met Rugby
R6 Quinne Brown Huffman – 7de Laan

Sepie van die jaar
S1 7de Laan
S2 Binnelanders
S3 Getroud met Rugby
S4 Suidooster

Radioaanbieder van die jaar
T1 Amore Bekker – RSG
T2 Heinrich du Plooy – Bok Radio
T3 Johrné van Huyssteen – Groot FM
T4 Martelize Brink – RSG
T5 Martin Bester – Jacaranda FM
T6 Rian van Heerden – Jacaranda FM

Leesboek van die jaar
U1 Deon Meyer – Koors
U2 Marita van der Vyver – Misverstand
U3 Irma Venter – Sirkus
U4 E. Kotze – Soetloop
U5 Karin Brynard – Tuisland
U6 Dibi Breytenbach – Vrediger

STEM SÓ VIR DIE BENOEMDES IN ELKE AFDELING:
SMS voor 4 Oktober om 12:00 die kode van die benoemde van jou keuse, gevolg deur ’n hutsteken (#) na 35407. Byvoorbeeld: A5# of C3#. Elke SMS kos R1,50. Net 19 stemme per selfoonnommer word toegelaat. Jy kan slegs een stem by elke SMS insluit.

Jy kan ook aanlyn stem. Gaan na huisgenoot.com en volg die aanwysings om te stem. Jy kan slegs een keer in elke afdeling stem.

VERMAAKSTER VAN DIE JAAR
Is daar een benoemde wat jou die afgelope jaar die meeste bekoor het of gewoon net die gunsteling van al jou gunstelinge was? Jy kan in een ekstra afdeling soveel keer vir hom of haar stem as wat jy wil, want Huisgenoot wys vanjaar ook een vermaakster van die jaar aan.

SMS voor 4 Oktober om 12:00 die kode van jou gunsteling ster uit al vanjaar se benoemdes, gevolg deur ’n hutsteken (#) na 38407. Byvoorbeeld: A5# of C3#.  

In dié afdeling kan jy net per SMS stem, maar jy kan soveel keer SMS as wat jy wil.  

Slegs mense word hier in ag geneem en nie flieks, televisieprogramme, liedjies of musiekvideo’s nie.