Logo
web uni tv guide

eNuus

144NuusPG13
Freek

Freek Robinson

Ek is al langer as 40 jaar ’n televisiejoernalis. In dié tyd het ek verskeie poste beklee, insluitende politieke korrespondent, Europese korrespondent gebaseer in Londen, regisseur, uitvoerende regisseur en anker van verskeie aktualiteitsprogramme op televisie en radio.

Ek is sedert 2010 een van die ankers van eNuus. Ek het ook my eie kommunikasiemaatskappy wat sakelui en openbare figure in mediavaardighede oplei. Ek tree boonop op as fasiliteerder van openbare debatte en voorsitter van besprekings.

Ek het toevallig in die joernalistiek beland, maar vandag kan ek nie aan ’n meer dinamiese en interessante werk dink nie.

Ek geniet steeds elke dag se ervaring as aanbieder en is nooit tevrede met my aanbieding nie. Hopelik sal ek eendag ’n volmaakte aanbieding kan doen. Maar elke dag leer ’n mens iets en elke dag bring nuwe ontwikkelings en veranderings.

Oor die jare het ek verskeie pryse en toekennings gewen – hoofsaaklik vir aanbieding en onderhoudvoering op televisie en radio.

Ek het ’n meestersgraad in joernalistiek van die Universiteit Stellenbosch, ’n diploma in senior sakebestuur van dieselfde universiteit en ’n honneursgraad in Afrikaanse letterkunde van die Universiteit van Pretoria.

Ek het ook ’n kursus deurloop by die Britse Thompson Foundation in televisie-aanbieding en ’n kursus van die Commonwealth Broadcasting Association in die opleiding van televisie-aanbieders.

Ek het ’n handvol kinders en is getroud met Liza de Villiers, ’n vryskuttelevisieregisseur.

Vir my sonde leef ek die grootste deel van my lewe nog in Johannesburg.