Logo
web uni tv guide

eNuus

144NuusPG13
4

Daniëlla van Heerden

Ek het in 2010 by eNuus aangesluit – eers as veldverslaggewer, en later ook nuusleser. Die joernalistiekgogga het sommer vroeg al gebyt: Ek was 15 toe ek my eerste skoolkoerantkursus bygewoon het. Daar het ek besef die joernalistiek is ’n beroep waar van jou verwag word om nuuskierig te wees, interessante plekke te sien en beroemde en berugte mense te ontmoet. My loopbaankeuse was gemaak!
 Ek word toe redakteur van my skoolkoerant en later ook van die kampuskoerant op Potch, waar ek my kommunikasiegraad in 2006 voltooi het.
In 2007 spandeer ek ’n jaar in Stellenbosch om ’n honneursgraad in joernalistiek te voltooi, waarna ek inval as nuusverslaggewer by Beeld. Daar het ek ook my fotograaf-man, Cornél, ontmoet. Ons het in 2014 getrou en woon saam met ons hondekinders in Roodepoort.