Logo
web uni tv guide

eNuus

144NuusPG13
8

Anika de Beer

’n Rolprent uit my kinderjare oor storms en tornado’s het my belangstelling in die weer aangewakker.

Ek het daarna ondersoek ingestel oor die moontlike weerverwante beroepe wat ek kon volg, en uiteindelik op ’n weervoorspeller besluit.

Na matriek het ek die rustigheid van Potchefstroom verruil vir die groot stad om meteorologie aan die Universiteit van Pretoria te studeer. My loopbaan as meteoroloog het by O.R. Tambo-lughawe begin. Die lugvaartweervoorspellings was ’n heerlike uitdaging.

Aan die begin van 2017 was ek gelukkig genoeg om by die eNuus-span aan te sluit.

Ek het na Kaapstad verhuis en kombineer nou my passie vir weervoorspelling met die oordrag van kennis aan die publiek.

Die weer is ingewikkeld, interessant en soms onverklaarbaar, en dis my voorreg om die wonder daarvan met ons kykers te deel.