Logo
web uni tv guide

Duidelik Dapper

144GeselsprogramPG

seisoen

Duidelik Dapper S2 Poster

Welstand en gesondheid onder die vergrootglas geplaas. Nuwe tendense, innovasies en onderhoude met dokters, aptekers, terapeute en spesialiste sal kykers verras met vars inligting. Daar sal gekyk word na alles van sportwetenskap, maaltye vir diabete en oefeninge wat jy by die huis kan doen. Daar word ook hulde gebring aan persone wat merkwaardige dinge doen ten spyte van hulle omstandighede.

S2 | E26
01 Julie 17:30
'S2/E26 of 26'. Tannie Evita Bezuidenhout maak haar verskyning vir 'n koppie tee en ons gaan maak 'n broodnodige bydrae ...

Inspirasie oor gesondheid en selfsorg op pad in Duidelik Dapper

News
20 November 2020
Duidelik Dapper is ‘n nuwe leefstyl- en gesondheidsprogram wat in Januarie op kykNET begin.
Untitled design (1)

Die geliefde sanger Leah sluit aan as aanbieder wat kykers aan interessante onderwerpe en persone sal voorstel.

Elkeen van Duidelik Dapper se programme word in drie segmente gedeel. In die eerste segment is welstand en gesondheid onder die vergrootglas. Nuwe tendense, innovasies en onderhoude met dokters, aptekers, terapeute en spesialiste sal kykers verras met vars inligting.

Leefstyl is die tweede segment van die program en daar sal gekyk word na alles van sportwetenskap, maaltye vir diabete en oefeninge wat jy by die huis kan doen.

In die derde segment word hulde gebring aan persone wat merkwaardige dinge doen ten spyte van hulle omstandighede.

In die eerste episode, wat op 1 Januarie 2021 uitgesaai word, is daar ‘n fokus op Covid-19 wat sonder twyfel nog ‘n tyd lank deel van ons lewe gaan wees. Covid-19 is egter nie die enigste siektetoestand wat ons op moet fokus nie – dit is ook belangrik om na ander toestande soos bloeddruk, cholesterol en hartgesondheid te kyk. En siende dit Nuwejaarsdag is, word daar gekyk na Nuwejaarsvoornemens en wat haalbaar is en wat nie.

Die spesiale gas is Mortimer Williams, ‘n sanger en akteur, wat op 1 Januarie 2020 in ‘n skietvoorval voor ‘n kuierplek in Mellville, Johannesburg beseer is. Hy praat oor sy trauma en wat hy gedoen het om dit te verwerk om sterker aan die anderkant uit te kom.

“In hierdie onsekere tye, was dit nog nooit so belangrik om gesond te wees, verantwoordelik te wees en braaf te wees nie,” sê die vervaardiger van Duidelik Dapper, Alan Ford. “Hierdie programme hoop om mense te inspireer en te wys hoe belangrik selfsorg en verantwoordelikheid vir ons almal is. Soos ons president gesê het: Ons lewens en die lewens van ander is in ons hande.”

*Die program word geborg deur Adcock Ingram OTC.

Nog Programme