Oor die program

Eckard en Tina-Marie de Wet besit ’n herehuis in Waterkloof. Eckard het 6 maande gelede belê in ’n Ponzi-skema wat gevou het. Hy het alles verloor, behalwe die huis. Sedertdien het hulle dit in ’n boetiekhotel, Die Kasteel, omskep. Met die hulp van hul donskop-dogter, Michellay, hul naïewe tuinier, Wilson, en hul sarkastiese huishulp, Cecilia – moet hul elke week ’n kleurvolle klomp gaste verwelkom. Daar is net een probleem: Niemand weet wat de hel hul doen nie!

Lees meer
Volgende Episode

Kom binnekort

S1 | E7 23 Februarie 18:30

'S1/E7'. Tina-Marie en Eckhard dink hulle kan Mev Mahlangu oortuig dat #DieKasteel die perfekte verblyf is vir parlementslede, deur voor te gee dat Cecilia en Wilson die hotel besit.

Please share your feedback

We are conducting a quick survey to better understand our audience. Click here for the Privacy Policy