Logo
Die groot ontbyt S8 Slim BB
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG

Sampioen-lasagne

01 Mei

Lewer 4 porsies

Italiaans

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 3. Foto: Heleen Meyer

DGO_30 April
Bestanddele

30 ml avokado- of olyfolie

500 g maalvleis

1 ui (groot, gekap)

2 selderystingels (met blare, fyn gekap)

2 murgpampoentjies (grof gerasper)

400 g bruin sampioene (helfte in klein blokkies gesny en die res in skywe)

5 ml paprika

10 ml koljander (gemaal)

10 ml origanum (gedroog)

410 g tamaties (gekap, blikke x 2)

5 ml Worcestershiresous

90 ml Italiaanse pietersielie (gekapte, vars)

suurlemoensap en swartpeper (na smaak)

2-3 handevol baba-spinasieblare

300 ml karringmelk

100 ml cheddarkaas (gerasper)

Metode

1. Verhit 10 ml van die olie in ’n groot braaipan (bv. ’n AMC 28 cm Chef’s Pan) en verbruin die maalvleis, terwyl enige klonte met ’n houtlepel kleiner gebreek word. Skep vleis uit en hou eenkant.
2. Voeg nog ’n bietjie van die olie by en soteer die ui tot sag. Voeg die seldery en murgpampoentjies by en soteer vir ’n paar minute. Roer die blokkies sampioene by en soteer tot dit begin gaar word en nie meer ekstra vloeistof uitstoot nie.
3. Voeg paprika, koljander, origanum, tamaties en Worcestershiresous met die maalvleis by. Prut met ’n deksel vir 25-30 minute of tot die maalvleis gaar is. (As daar nog heelwat vloeistof in die mengsel is, laat dit vir ’n paar minute sonder ’n deksel prut.)
4. Roer 60 ml van die pietersielie by en geur met suurlemoensap en peper na smaak. Voorverhit intussen die oond tot 200 °C.
5. Plaas die skywe sampioene op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en verf sampioene met die orige olie. Skakel die element van die oond aan en rooster vir 8-10 minute of tot liggies goudbruin en gaar, maar steeds sappig.
6. Skakel die element van die oond af en verlaag oondtemperatuur tot 180 °C.
7. Skep intussen helfte van die maalvleismengsel in ’n oondbak. Bedek met die spinasieblare in ’n eweredige laag. Skep die orige maalvleis bo-op en bedek met die gaar sampioenskywe.
8. Meng die karringmelk, orige pietersielie en helfte van die kaas en skink egalig oor die sampioene. Strooi die orige kaas oor en bak vir 20-30 minute of tot goudbruin en deurwarm.
9. Sit warm voor met ’n appel-en-fetaslaai (sien wenk).

Wenk:
JAZZ™ Appelslaai: Berei ’n vinnige kraakvars-slaai deur 1-2 JAZZ™ appels, met die skil in dun wiggies te sny en met gekrummelde feta en mikro-kruie in klein cos- of botterslaaiblare voor te sit.

Kosblik_16 April
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2018-04-16

Ratatouille met eiers en chorizo

Gewildste Resepte