Logo
Die groot ontbyt S8 Slim BB
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG

Roerbraai met vark en appel

06 Augustus

Braai

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 3. Foto: Getty Images

Roereier
Bestanddele
Metode
  1. Bedek die gedroogde botterskorsie met water en laat dit vir ’n paar minute week om te rehidreer. Hou eenkant.
  2. Verhit helfte van die olie in ’n braaipan (soos bv. ’n AMC 28 cm Chefs Pan) en braai die varkrepies tot bruin. Skep uit en hou eenkant.
  3. Verhit die orige olie en soteer die soetrissie, gemmer, botterskorsie en appel vir ’n paar minute.
  4. Meng die mielieblom met ’n bietjie van die tee om ’n pasta te vorm. Voeg die suurlemoensap, orige tee en sojasous by en meng goed.
  5. Roer die kool by die groente en appel in die pan en soteer vir ’n paar minute. Die groente moenie pap word nie.
  6. Giet die sous in die pan en roer deur om die groente daarmee te bedek. Voeg die vleis en groenboontjies by en meng deur.
  7. Bedek vir ’n paar minute met die deksel sodat die groenboontjies effens stoom, maar dit moet nog steeds heldergroen en steeds bros wees. Geur met swartpeper.
  8. Roer eierrepies by en meng versigtig deur om te verhit.
  9. Breek die aartappeltjies met ’n vurk en skep die roerbraai bo-op. Rond af met die pietersielie of kruisementblare en sit met suurlemoenwiggies voor.
Wenke:
  1. Indien jou pan te klein is, soteer die groente in sarsies. Meng alles dan saam wanneer jy die sous byvoeg.
  2. Die enkel-eieromelette is letterlik een geklitste eier wat soos ’n pannekoek gebak word. Sien die skakel hierbo vir meer inligting.
KampKos_OntbytPan
Kampkos Logo
12 April 2018

Leah se ontbytpan