Logo
Die groot ontbyt S8 Slim BB
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG

Ratatouille met eiers en chorizo

Lewer 6 porsies

Italiaans

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 1. Foto: Heleen Meyer

Kosblik_16 April
Bestanddele

100 - 125 g Richard Bosman chorizo (in skyfies gesny)

2 uie (gekap)

1 rooi of oranje soetrissie (ontpit en gekap)

4 murgpampoentjies (in blokkies gesny)

1 eiervrug (in blokkies gesny)

10 ml kruie of roosmaryn (gedroogde, gemengde)

1 blik tamaties (gekap)

suurlemoensap en swartpeper (na smaak)

20 ml roosmaryn (grofgekapte, vars)

30 ml Italiaanse pietersielie en basiliekrui (elk gekapte)

6 Nulaid vryloop-eiers (ekstra-groot)

Metode

1. Verhit ’n groot pan oor matige hitte (bv. ’n AMC 28 cm Chef’s Pan) en braai twee-derdes van die chorizo sonder enige olie vir ’n paar minute. Skep uit. Braai die uie en soetrissie in dieselfde pan tot sag.
2. Voeg die murgpampoentjies, eiervrug en gedroogde kruie of roosmaryn by. Soteer vir ’n paar minute tot die eiervrug begin sag word.
3. Roer die tamaties en gaar chorizo by. Verlaag die hitte en prut sonder ’n deksel vir sowat 15-20 minute, sodat die vloeistof kan indamp.
4. Geur met suurlemoensap, peper, vars roosmaryn en die helfte van die pietersielie en basiliekruid.
5. Maak 6 holtes in die tamatiemengsel. Breek ’n eier in elke holte en plaas die res van die chorizo in die sous.
6. Prut met ’n deksel vir sowat 5-8 minute of tot die eiers so gaar is soos wat julle daarvan hou.
7. Sprinkel die orige vars kruie oor en sit as ligte maaltyd voor.

 

Wenke
1. Die ratatouille kan ook sonder die eiers as ’n bygereg bedien word.
2. Vars avokadoskyfies sal heerlik wees met die gereg.
3. Berei ’n dubbele resep en vries of gebruik vir ’n ander maaltyd in die week, bv. saam met pasta of as sous met mieliepap en braaivleis. Meng dit met maalvleis en maak ’n herderspastei.
4. Indien basiliekruid nie beskikbaar is nie, gebruik gekapte kruisement of nog pietersielie. Selfs tiemie sal lekker wees saam met die geure in die mengsel.

Die Groot Ontbyt
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2018-04-09

Gekookte eiers

Gewildste Resepte