Logo
Die groot ontbyt S8 Slim BB
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG

Pasta-oondgereg met hoender en brokkoli

06 Februarie

6

Pasta

3

Foto: Heleen Meyer

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 2.

Die-Groot-Ontbyt
Bestanddele

1 e olyf- of avokado-olie

2 uie gekap

3 hoenderborsies aan die been en gehalveer, vet en vel verwyder

125 ml water

10 ml gemengde kruie gedroog

250 g penne of enige ander pasta van jou keuse

1 t sout

300 g brokkoli in blommetjies gesny

suurlemoensap na smaak

peper na smaak

4 ekstra-groot Nulaid eiers

600 ml melk

10 ml korrelmosterd

30 ml sesamsaad

Metode

1. Verhit ’n klein bietjie van die olie in ’n braaipan (bv. AMC 24 cm Chef’s Pan) en soteer die uie tot sag.
2. Voeg nog ’n bietjie van die olie in die pan en braai hoender vir ’n paar minute aan beide kante tot goudbruin. Verlaag die hitte en voeg die water en kruie by.
3. Bedek en prut vir 20 minute of tot die hoender gaar, maar nog steeds sappig is. Skep die hoender uit en hou die vloeistof eenkant. Verwyder die hoenderbene en sny of vlok die vleis kleiner.
4. Plaas genoeg water in ’n groot kastrol (bv. ’n AMC 24 cm High) en bring tot kookpunt. Voeg penne-pasta en 2,5 ml (½ t) sout by en kook tot feitlik gaar. Voeg die brokkoli vir die laaste 2 minute by of tot dit net gaar, maar steeds heldergroen is. Dreineer die pasta en brokkoli saam.
5. Meng die hoender en uie-mengsel met die brokkoli en pasta. Roer die res van die olie en sout by en geur met suurlemoensap en peper. Skep in ’n groot oondbak.
6. Klits die eiers, melk en mosterd saam, geur met peper en skink bo-oor die hoendermengsel.
7. Strooi die sesamsaad bo-oor en bak vir 45 minute of tot goudbruin en gestol.
8. Sit voor met ’n eenvoudige, maar treffende slaai van ryp tamaties, rooi en oranje soetrissie, kruisement en feta.

Wenk
1. Slaai: sny ryp tamaties in wiggies – groot of klein tamaties kan gebruik word. Voeg repies rooi en oranje of geel soetrissie by en geur dit met fetakaas en vars kruisementblare vir ’n baie geurige en verfrissende slaai. Dit het nie ’n slaaisous nodig nie, maar net ’n lekker olyf- of avokado-olie en ’n lekker draai swartpeper.
2. Dié pastagereg kan selfs die volgende dag in ’n kosblik gepak word of hou van die elemente apart om saam met nog vars goed in ’n kosblik te pak.

 

Groot Ontbyt_11 Des
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-12-11

Klein lensieburgers