Logo
Die groot ontbyt S8 Slim BB
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG

Pan-omelet met mielies, ertjies en kaas

10 Oktober

4 porsies

4

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, die resep voorgesit. Dié gereg is aangepas uit Cooking from the heart 2 en is ideaal vir die kosblik. Foto: Heleen Meyer

Kosblik_11 Oktober
Bestanddele

8-10 nulaid-eiers (ekstra groot, geklits)

2,5 ml sout

swartpeper (na smaak)

15 ml avokado- of olyfolie

80 ml ertjies (bevrore, afgespoel)

80 ml heelpit mielies (bevrore, afgespoel)

125 ml pecorino- of cheddarkaas (gerasperde)

Metode

1. Geur die eiers met die sout en peper. 
2. Verhit olie oor matige hitte in ’n braaipan (’n AMC 28 cm of 24 cm Chef’s werk goed, afhangend van hoe dik jy die omelet verkies) en skink die eiers in die pan.
3. Laat eiers effens begin stol en lig die gaar eier al om die rand van die pan met ’n eierspaan, sodat die rou eier onder dit kan inloop, maar moet dit nie roer nie. Laat dit gaar word tot die meeste van die eier gestol het.
4. Strooi die ertjies, mielies en kaas bo-oor.
5. Sit die deksel vir ’n paar minute op, of tot die eier heeltemal gestol en die kaas gesmelt is.
6. Lig die omelet met ’n eierspaan uit die pan, laat effens afkoel en sny in wiggies om in ’n kosblik te pak. Of geniet as ontbyt, ligte middag- of aandete.

Wenk
1. Vars kruie is heerlik saam met eier, klits 45 ml (3 e) gekapte vars kruie met die sout en peper by die eiers. Probeer gerus origanum, Italiaanse pietersielie, dille of tiemie.

Die Groot Ontbyt
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-09-28

Botterboonkapok en muesli

Gewildste Resepte