Logo
Die groot ontbyt S8 Slim BB
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG

Lekkerste lensie-en-eiervrugslaai

27 November

Lewer 4 - 6 porsies

Slaai

3

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Maak vyf. Foto: Heleen Meyer

Groot Ontbyt_27 Nov 2017
Bestanddele

15 ml Westfalia knoffel-gegeurde avokado-olie

30 ml Westfalia gewone avokado-olie

1 eiervrug (groot, in blokkies gesny)

1 ui (groot, gekap)

15 ml roosmaryn (gekap, vars)

15 ml suurlemoensap

sout en peper

250 ml bruin lensies (rou, afgespoel)

2 ekstra takkies roosmaryn

1 skyf fetakaas (in blokkies gesny)

6 songedroogde tamaties (gemarineer, in repe geskeur)

roket- en basiliekruidblare (vars, handvol)

Metode

1. Verhit die twee olies oor matige hitte in ’n braaipan (gebruik ’n AMC 24 cm Chef’s pan) en soteer eiervrug, ui en roosmaryn bietjie vir bietjie tot goudbruin. Voeg meer olie by indien nodig. Skep eiervrugmengsel terug in die pan en roer die suurlemoensap by. 

2. Geur na smaak en sit die deksel op. Prut 5-10 minute of tot gaar. Skep uit en laat afkoel.

3. Plaas die lensies met die roosmaryntakkies en ’n knippie sout in dieselfde pan. Giet 500 ml (2 k) water oor en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Stel die hitte laer en prut met die deksel op vir 30 minute of tot sag. Haal die roosmaryntakkies uit.

4. Dreineer die lensies en spoel af met koue water om te keer dat dit verder gaar word. 

5. Meng die lensies met die eiervrug. Roer die res van die bestanddele by, geur na smaak en sit koud of teen kamertemperatuur voor.

Wenke

1. As jy nie baie tyd het, kan die droë lensies met 2 x 410 g-blikke bruin lensies vervang word. Dreineer en voeg by die eiervrug met die res van die bestanddele in stap 5. 

2. Vervang die fetakaas met bokmelkkaas of sit voor met jogurt en kruisementblare.

3. Wanneer granate in seisoen is, vervang die songedroogde tamaties daarmee. 

EdikvanNantes
Edik van Nantes Kie About
2017-11-22

Weskus-kaasvis

Gewildste Resepte