Logo
Die groot ontbyt S8 Slim BB
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG

Laat-ontbyt met pangebraaide sampioene

22 Maart

Lewer 4 - 6 porsies

Foto: Heleen Meyer

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié laat-ontbyt voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 2. 

DGO_19 Maart
Bestanddele

250 g portabellini-sampioene (in kwarte gesny)

150 g knopiesampioene (heel)

suurlemoensap (na smaak)

30 ml olyf- of avokado-olie

3 murgpampoentjie (in dik skywe gesny)

200 g kersietamaties

30 ml rooiwyn- of balsamieseasyn

10 - 15 ml gemengde kruie (gedroog)

sout en peper (na smaak)

babaspinasieblare (’n handvol)

pakkie Indezi River Creamery bokmelk-Halloumi (in breë repies gesny)

suurlemoenwiggies (om mee voor te sit)

Metode

1. Verhit ’n braaipan sonder enige olie (bv. ’n AMC 28 cm Chef’s Pan) en soteer die sampioene in sarsies tot goudbruin. Voeg die suurlemoensap by, skep uit en hou eenkant.
2. Verhit helfte van die olie in dieselfde pan en soteer die murgpampoentjies en tamaties vir ’n paar minute.
3. Voeg die asyn en kruie by en roer die sampioene by tot deurwarm. As die pan te warm is en die asyn vinnig verdamp, haal die pan vir ’n rukkie van die stoof af.
4. Geur na smaak en roer spinasie deur. Maak seker dat dit met die sous bedek word. Die spinasie lyk aanvanklik te veel, maar word vinnig minder soos dit gaar word.
5. Haal die pan van die stoof af sodra die spinasie begin sag word.
6. Verhit die res van die olie oor matige hitte in ’n aparte pan (bv. AMC 24 cm Chef’s Pan).
7. Braai halloumi aan eenkant tot goudbruin. Draai om en braai vir nog ’n paar minute.
8. Sit dadelik met die groente en suurlemoenwiggies voor.

Wenk:
1. Terwyl die groente braai, geniet van Indezi River Creamery se baie romerige, ongegeurde bokmelk-jogurt met tuisgemaakte muesli en seisoensvrugte as ‘eerste gang’ vir ’n laat-ontbyt.

 

 

Kosblik_22 Jan
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2018-01-24

Hawermout met lekkertes bo-op

Gewildste Resepte