Logo
Die groot ontbyt S8 Slim BB
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG

Koringslaai en pynappel met klapper en jogurt

13 September

6 - 8 porsies

Slaai

4

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, die resep voorgesit. Dié geregte is aangepas uit Kos is op die tafel! en Cooking from the heart 3 en is ideaal vir die kosblik. Foto: Heleen Meyer

Groot Ontbyt_11 Sep
Bestanddele

Koringslaai

200 g stampkoring (rou)

1 kaneelstokkie (heel)

3 k water

1 knippie sout

1 k heelpitmielies (bevrore of geblik, deeglik gedreineer)

410 g lensies (gedreineer en afgespoel)

10 (Turkse) appelkose (gedroog, in klein blokkies gesny)

5 e sultanas

5 e sonneblomsaad (gerooster)

2-3 e koljander- en kruisementblare (vars, grofgekap)

Pynappel met klapper en jogurt

1 Pynappel (geskil)

45 ml klapper (fyn)

10 ml avokado- of olyfolie

175 ml jogurt (ongegeur)

kruisementblare (handvol, vars)

Slaaisous (vir koringslaai)

125 ml avokado- of olyfolie

25 ml appel- of wit druiwe-asyn

40 ml suurlemoensap

10 ml suurlemoenskil (fyngerasper)

7,5 ml komyn (gemaal)

2,5 ml kaneel (gemaal)

40 ml koljanderblare (vars, gekapte)

20 ml kruisementblare (vars, gekapte)

sout en peper (na smaak)

Metode

Vir die koringslaai:
1. Plaas stampkoring met kaneelstokkie, water en sout in ’n kastrol (’n AMC 20 cm Low is groot genoeg) en bring oor matige hitte tot kookpunt. Verlaag hitte en prut 30-40 minute met die deksel of tot net sag.
2. Dreineer in ’n sif of vergiettes, spoel af met koue water en laat vir ’n paar minute afdrup. Skep in ’n groot mengbak en laat afkoel. 
3. Slaaisous: Klits intussen al die bestanddele saam en geur na smaak. 
4. Meng die orige slaaibestanddele, behalwe die vars kruie, versigtig met die koring en skink ⅔ van die slaaisous oor. Geur na smaak.
5. Indien verkies, verkoel eers die slaai vir 1 uur in die yskas. Roer dan die orige slaaisous deur en garneer met vars kruie voor dit voorgesit word. Die slaai is ook heerlik in ’n kosblik, die volgende dag. 

Wenk

1. Kekerertjies sal ook baie lekker wees in die slaai.

Vir die pynappel met klapper en jogurt:
1. Sny pynappel in 6 dik skywe.
2. Voorverhit ’n braaipan oor matige hitte (’n AMC 24 cm Chef’s Pan is groot genoeg) en rooster die klapper, sonder enige olie tot liggies goudbruin. Wees versigtig, want die klapper kan maklik brand. Skep uit.
3. Verhit die olie in dieselfde pan en braai pynappel aan beide kante tot goudbruin en effens gaarder.
4. Meng 30 ml van die klapper met die jogurt. Sit pynappel voor met die jogurt en strooi die res van die klapper oor. Garneer met vars kruisementblare. 

Wenke

1. Die resep werk uitstekend met ander vrugte soos pruime, perskes of appelkose wat ontpit en gehalveer is.
2. Pak die pynappel en jogurt in aparte bakkies as jy dit vir ’n kosblik wil pak. 

Groot Ontbyt_groentekerrie
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-09-06

Groentekerrie met bone

Gewildste Resepte