Logo
Die groot ontbyt S8 Slim BB
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG

Hawermout met lekkertes bo-op

24 Januarie

Lewer 4 porsies

Glutenvry

1

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 2. Foto: Heleen Meyer

Kosblik_22 Jan
Bestanddele

250 ml hawermout (rou)

750 ml water

1,2 ml sout

5 ml kaneel (gemaalde)

vars seisoensvrugte, neute, tuisgemaakte muesli, kaneel of geroosterde klapper (om mee voor te sit)

Metode

1. Plaas die hawermout, water en sout saam in ’n klein kastrol (gebruik ’n AMC 20 cm Low) en verhit oor matige hitte. Sodra die mengsel begin prut, roer aanhoudend om klonte te vermy en te keer dat dit aanbrand. Prut 5–10 minute of tot gaar.
2. Bedien porsies hawermout met elkeen se keuse van vars seisoensvrugte soos piesang, perske, mango, druiwe of bloubessies, gekapte neute, sade, tuisgemaakte muesli, gemaalde kaneel of geroosterde klapper. Of sien die wenke vir meer idees.

Wenke
1. Hawermout vir een: 60 ml (¼ k) rou hawermout met 180 ml (¾ k) water en ’n knippie sout. Kook soos hierbo, of meng in ’n groot glasbak en plaas in ’n mikrogolfoond vir 3-5 minute. Die gaarmaaktyd sal afhang van die mikrogolfoond se krag. Roer gereeld en hou dop dat dit nie oorkook nie.
2. Pampoen- of sonneblomsaad is heerlik met hawermout en vrugte of bessies. Gekapte rou, ongesoute amandels is ook lekker – gebruik 30 ml (2 e) per porsie.
3. Eksperimenteer met verskillende geurkombinasies soos gedroogte vrugte met geroosterde klapper; gemaalde kaneel en piesang met ’n bietjie heuning of druiwe, kruisement, amandels en papawersaad. Neut-en-sademengsels soos dukkah sal ook lekker wees.
4. Indien jy gewoont is aan suiker op jou hawermout, probeer vrugte as alternatief. Dit gee ’n natuurlike soet smaak en heerlike tekstuur. As jy sukkel in die begin, verminder geleidelik die hoeveelheid suiker tot jy dit afgeleer het.
5. Berei die hawermout die vorige aand, sodat jy dit maklik die volgende oggend kan inpak werk toe. Of skink solank die water die vorige aand oor, sodat dit solank week, dan kook dit heelwat vinniger gaar.

 

 

Groot Ontbyt_Spinasiegereg met bone
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-11-14

Spinasie-gereg met bone