Logo
Die groot ontbyt S8 Slim BB
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG

Geroosterde patat en appels met avo en tuisgemaakte mayo

02 Julie

Lewer 6 porsies

Vegetaries

4

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 3. Foto: Heleen Meyer

Kosblik_2 Julie
Bestanddele

20 ml avokado- of olyfolie

60 ml suurlemoensap

30 ml water

vars gemmer (fyngerasper)

rooi brandrissie (klein, ontpit en fyn gekap)

1 knoffelhuisie (gekneus)

6 - 8 klein patats (met die skil, in dik diagonale skywe gesny)

2 uie (in wiggies gesny)

2 Pink Lady® appels (met die skil in dik wiggies gesny en dan gehalveer)

baba-spinasieblare

koljanderblare (vars)

2 - 3 avokado’s (gehalveer en oor die breedte in skywe gesny)

Tuisgemaakte mayonnaise

2 ekstra-groot Nulaid eiergele (sien die wenk)

5 ml Dijon-mosterd

10 ml witwyn- of appelasyn

100 ml avokado- of olyfolie

suurlemoensap, sout en peper na smaak

Metode

1. Patats en appels: voorverhit die oond tot 180 ˚C.
2. Meng die olie, suurlemoensap, water, gemmer, brandrissie en knoffel in ’n groot mengbak. Voeg patat en uie by en meng goed deur.
3. Skep patats en uie in ’n oondbak. Plaas die appelwiggies in die orige oliemengsel en hou eenkant. Rooster die patats en uie intussen vir 25 minute.
4. Roer appels en enige orige oliemengsel by die groente in die oondbak. Rooster vir nog 20 minute of tot goudbruin en gaar.
5. Mayonnaise: plaas intussen die eiergele, mosterd en asyn in ’n beker en meng vir 1-2 minute met ’n stokmenger. (’n Draadklitser kan ook gebruik word, maar maak seker dat die eiergele deeglik
geklits is voor die olie bygevoeg word.)
6. Voeg olie bietjie-vir-bietjie by en klits deeglik saam tot dit dik en romerig is. Geur na smaak met suurlemoensap, sout en peper.
7. Plaas warm groente en appels in individuele bakkies met spinasie- en koljanderblare. Sit dit met ’n kwart tot halwe avokado per persoon voor, afhangend van hoe groot die avokado’s is. Skep lepelvol mayonnaise bo-op en geniet as ’n vegetariese ete of bygereg.

Wenk
1. Eierwitte vries baie suksesvol. Gebruik dit later vir meringues, pavlova of enige ander resep wat eierwitte benodig, soos ’n quiche, gebakte nagereg of selfs omelet. Onthou om op die houertjie aan te dui hoeveel eierwitte daarin is.

DGO_18 Junie
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
18 June 2018

Beesvleisbredie met kool en appel