Logo
Die groot ontbyt S8 Slim BB
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG

Geroosterde brokkoli- & blomkoolslaai met kekerertjies

29 Januarie

Lewer 4 - 6 porsies

Slaai

3

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 3. Foto: Heleen Meyer

Die GROOT Ontbyt_29 Jan
Bestanddele

300 g brokkoli (in blommetjies gesny)

300 g blomkool (in blommetjies gesny)

30 ml olyf- of avokado-olie

suurlemoensap en swartpeper (na smaak)

10 ml komynsaad (of 15 ml gemaalde komyn)

60 ml rooibostee

410 g kekerertjies (gedreineer)

kruisement of roketblare (handvol, vars)

1 skyf fetakaas (gekrummel)

sonneblomsaad (handvol)

Metode

1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Meng die olie, suurlemoensap, peper, komyn en tee goed saam en roer deeglik deur die brokkoli en blomkool.
2. Skep groente in ’n groot oondbak en rooster vir 15 – 20 minute of tot net gaar. Laat groente afkoel.
3. Roer die kekerertjies en vars kruie by en strooi feta en sonnneblomsaad bo-oor. Sit teen kamertemperatuur as slaai, bygereg of vegetariese ete voor.

Wenke
1. Sit as bygereg met geroosterde vis, hoender of enige vleis van jou keuse voor. Die gereg is ook heerlik warm.
2. Voeg repies gaar hoender met die kekerertjies by om dit ’n meer vullende ete te maak.
3. Gekapte brandrissie of ander geurmiddels soos paprika of borrie sal lekker wees saam met die ander speserye in die gereg. 

Edik-van-Nantes
Edik van Nantes Kie About
2017-11-29

Vyebrood

Gewildste Resepte