Logo
Die groot ontbyt S8 Slim BB
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG

Een-eier omelet

23 Oktober

Lewer 1 omelet

Glutenvry

2

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, die resep voorgesit. Foto: Heleen Meyer

Kosblik_23 Oktober
Bestanddele

1 Nulaid-eier (ekstra groot, geklits)

1 e water

sout en peper

2 t olyf- of avokado-olie

gladde maaskaas

handvol vars kruie, bv. dille, pietersielie of tiemie (gekap)

Metode

1. Klits die eier en water saam en geur met sout en peper.
2. Verhit olie oor matige hitte in ’n 20 cm pan (gebruik ’n AMC 20 cm Skillet) en bak ’n dun omelet tot net gestol. Draai om en bak vir ’n minuut aan die ander kant – amper soos wat jy ‘n pannekoek sal bak. Skep uit en laat afkoel. (Berei een tot drie omelette vir elke gesinslid.)
3. Smeer gladde maaskaas oor die omelet en strooi kruie van jul keuse oor. Rol op en sny in die helfte of in dik skyfies. Geniet as deel van ’n ligte maaltyd met groente en slaai of pak in kosblikke met vars bestanddele.

Wenk
1. Amper enige iets kan as vulsel in die omelette gebruik word. Geblikte tuna, gerasperde wortel, basiliekruidpesto wat met maaskaas gemeng is of bietjie gerasperde kaas sal heerlik wees.

Groot Ontbyt_16 Okt
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-10-16

Maklikste viskoekies