Logo
Die groot ontbyt S8 Slim BB
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG

Bruinrys en lensies

22 September

4 - 6 porsies

1

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, die resep voorgesit. Dié geregte is aangepas uit Kos is op die tafel! en Cooking from the heart 3 en is ideaal vir die kosblik. Foto: Heleen Meyer

Heleen Meyer Kosblik 4 September 2017
Bestanddele

10 ml avokado- of olyfolie

2 uie

2 huisies knoffel gekap

2 wortels gehalveer en in skyfies gesny

2 selderystingels in skyfies gesny

5 ml gemaalde komyn gemaal

1 lourierblaar

1 kaneelstokkie

1 k bruin lensies rou

1 k basmatirys rou

3 k water

2.5 ml sout

Metode

1. Voorverhit olie in ’n kastrol (gebruik ’n AMC 20 cm High) en braai uie, knoffel, wortels en seldery vir ’n paar minute.
2. Voeg komyn, gedroogde gemengde kruie, lourierblaar en kaneelstokkie met die lensies, rys, water en sout by.
3. Bring oor matige hitte tot kookpunt, verlaag die hitte en prut met ’n deksel vir 30-40 minute of tot die rys en lensies gaar, maar nie pap is nie. Voeg nog 125 ml water by, indien nodig.
4. Geur met suurlemoensap en peper en roer die kruie by. Sit warm voor of sien wenk.

Wenk:
1. ’n Slaai vir kosblikke: Laat die rys en lensies heeltemaal afkoel en roer geblansjeerde groente, soos broccoli en groenboontjies by die mengsel. Roer repies rooi soetrissies met nog vars kruie by en sit as ’n slaai voor. Dit is perfek vir kosblikke. Voeg ook vars avokado en sade, soos sesam- of sonneblomsaad by, indien verkies.

 

Groot Ontbyt_11 Sep
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-09-13

Koringslaai en pynappel met klapper en jogurt

Gewildste Resepte