Logo
Die groot ontbyt S8 Slim BB
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG

Beesvleisbredie met kool en appel

18 Junie

Lewer 6 porsies

5

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 1. Foto: Heleen Meyer

DGO_18 Junie
Bestanddele

15 ml olyf- of avokado-olie

750 g stowevleis (in blokkies, sonder been, oortollige vet verwyder)

1 ui (gekap)

2 aartappels (groot, in blokkies gesny)

2 wortels (groot, in dik diagonale skywe gesny)

15 ml koljander (gemaal)

1 lourierblaar

125 ml water of sterk Rooibostee

125 ml tuisgemaakte hoenderaftreksel (of water met 30 ml gedroogde gemengde kruie)

1 - 2 wit kole (klein, in wiggies gesny)

2 JAZZ™ appels (met die skil, in wiggies gesny)

2,5 ml sout

45 ml Italiaanse pietersielie (gekapte, vars)

suurlemoensap en swartpeper (na smaak)

Metode

1. Verhit helfte van die olie in ’n groot kastrol (bv. ’n AMC 24 cm Gourmet High) en braai die vleis in sarsies tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.
2. Verhit die res van die olie in dieselfde kastrol en soteer die ui, aartappels en wortels. Voeg die koljander en lourierblaar by en soteer vir ’n paar minute.
3. Voeg die water of tee, vleis en aftreksel óf nog water en kruie by. Prut met die deksel vir 1½ uur of tot die vleis amper sag is.
4. Roer die kool en appels by en prut vir nog 15 - 20 minute. Meng die sout en die helfte van die pietersielie by.
5. Geur met die suurlemoensap en peper na smaak. Strooi die res van die pietersielie oor en sit voor.

Die-Groot-Ontbyt
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2018-06-13

Patat-nachos met tuisgemaakte chakalakasous