Logo
Die groot ontbyt S8 Slim BB
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG

Appel-happies met grondboontjiebotter en rooi-nierbone-slaai

06 November

Gebak

3

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 2. Foto: Heleen Meyer

GrootOnbyt_Kosblik
Bestanddele

1 - 2 JOYA® appels

5 e grondboontjiebotter

1/4 k tuisgemaakte muesli (sien resep hier onder)

60 ml neute gekap

30 ml sonneblomsaad

Metode

Vir die JOYA® appel-happies met grondboontjiebotter:

1. Verwyder die kern van elke appel met ’n appelboor. Sny die heel appels elk in 5 na 6 skyfies om sirkels te vorm.
2. Smeer elke appelskyf met grondboontjiebotter. Strooi muesli, neute en sade na smaak oor en geniet as ’n peuselhappie.
3. Pak die elemente in aparte bakkies om dit deel te maak van ‘n kosblik. Onthou om ‘n teelepel of messie vir die smeerwerk in te pak. Die appel kan vooraf opgesny word – onthou net om die skywe in ‘n bietjie water af te spoel om te verhoed dat dit verkleur en doen die snywerk met ’n skerp groentemessie. Die appelhappies kan dan gebou word net voor dit geëet gaan word.

Wenk
1. Laat jou kinders hulle eie appe-lhappies met neute en sade van hulle keuse voorberei.
2. Maaskaas sal ook lekker wees in plaas van die grondboontjiebotter. Ander neutbotters, soos amandelbotter werk uitstekend.

Vir die Slaai met rooi nierbone:

‘n Slaaisous kan ‘n paar basiese slaaibestanddele in ‘n feesmaal omskep – en veral ‘n tuisgemaakte slaaisous. Hierdie slaaisous met speserye is perfek met bone.

Meng 15 ml (1 e) suurlemoensap, 30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie, 2,5 ml (½ t) gemaalde komyn, 5 ml (1 t) heuning (opsioneel) en ’n knippie gerookte paprika. Geur met swartpeper. Berei ’n slaai met 1 x 410 g-blik rooi nierbone, gedreineer; komkommer, in blokkies gesny; klein tamaties, gehalveer en ’n handvol vars koljanderblare.

 

 

Die-Groot-Ontbyt
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-10-30

Bone-falafels met appel

Gewildste Resepte