Logo
Boer soek 'n vrou
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144RealiteitPG13
Ruan

Ruan

“Ek het op die harde manier geleer dat beide partye ewe veel moet gee en belangrikste is dat elkeen dieselfde dinge uit die verhouding wil hê. Wanneer dinge ernstig raak moet dieselfde toekoms-mikpunte gedeel…”

Klik op ‘LEES MEER’ indien jy belangstel in Ruan.

 

 

OUDERDOM: 27
KINDERS: Geen
KWALIFIKASIE: B.Agric
BOERDERY: Gemeng
AREA: Jan Kempdorp, Noord-Kaap
HUISTAAL: Afrikaans
HUWELIKSTATUS: Ongetroud
LENGTE: 1.9 m
BOER/BESTUURDER: Boer

OPSOEK NA:
Ek voel werklik dat ek onmiddelik sal weet as ek my pasmaat gevind het, maar eienskappe wat die gevoel sal beaam is dat sy ’n familie-mens moet wees, ’n verhouding met die Here moet hê, lief vir die platteland en buitelewe moet wees, ’n sin vir humor moet hê, en ’n onafhanklike sorgsame vrou moet wees.

LEWENSSKETS EN BELANGSTELLINGS:
My lewe draai om my familie, boerdery, geloof en vriende. Ek het ’n passie vir boer wat ek elke dag kan uitleef. Om kwaliteit tyd saam met my familie en vriende te spandeer gee my energie, en ek is op my gelukkigste in die veld of êrens op ’n toer deur die natuur. Ek jag graag jaarliks op verskillende plekke, volg rugby noukeurig en braai so gereeld moontlik saam met vriende. Ek is ook baie lief vir vas dans!

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:
Ek het op die harde manier geleer dat beide partye ewe veel moet gee en belangrikste is dat elkeen dieselfde dinge uit die verhouding wil hê. Wanneer dinge ernstig raak moet dieselfde toekoms-mikpunte gedeel word en met goeie kommunikasie albei se geluk eerste gestel word.

BESTE EIENSKAPPE:
Toegewydheid – ek is geweldig toegewyd aan die belangrike dele van my lewe en sit al my energie daarin.

Mense-mens – ek is baie goed met mense en lojaal. Ek kan altyd humor in ’n situasie raaksien en dinge gemaklik maak.

Integriteit – mense kan altyd op my staatmaak, my ja is my ja en my nee is my nee.

SLEGSTE EIENSKAPPE:

'Ongeduldigheid – ek hou nie van sukkel nie, en situasies wat sukkel frustreer my gou.

Onbelangstellendheid – iets wat my nie interesseer nie kan my onbelangstellend en lui laat voorkom.

Afwesigheid – as ek erg gefokus is kan ek soms afwesig voorkom.

IS DIÉ BOER ROMANTIES EN DIE IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK:
Ek is nie op ’n daaglikse basis romanties nie maar skep graag romantiese geleenthede en sit baie moeite in om spesiale geleenthede romanties te maak. Wanneer ek verlief is kom dit baie natuurlik. My ideale romantiese afspraak is ’n spesiale piekniek in die landerye of tussen ons bome met ’n mooi sonsondergang.

HET RUAN JOU HARTSNARE GEROER? SKRYF DAN VIR HOM ’N BRIEF!

 

Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere

Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere

1 van 10