Logo

Wie pas beter?

Nuus
29 Desember 2017
Met die finale Boer Soek ’n Vrou-uitstemming om die draai, het ons gekyk hoe die one-on-one-gesprekke op die plase verloop het. 
BSV_Danel

“Hy (Jacques) het nie ’n vooropgestelde idee van ’n vrou wat hy soek op die plaas nie – dit is of jy kliek of jy kliek nie met mekaar nie.​" -  Danél

Met die finale Boer Soek ’n Vrou-uitstemming om die draai, raak dit al hoe meer belangrik om te vra – gaan dié dame inpas, aanpas en by die boer pas? Só het die one-on-one-gesprekke op die plase verloop. 

Boer Adriaan – Anzelle vs. Helene

Van links: Anzelle en Helene.

Gaan die bemarkingskonsultant van Pretoria of die Brackenfellse kleuterskoolonderwyseres die beste by Adriaan pas? 

Kyk hier hoe het alleentyd op Adriaan se plaas verloop.

Tydens Adriaan en Anzelle se one-on-one, verklaar Adriaan: “Ek kan so myself wees rondom jou. Ek hoef nie te verander of iets voor te gee. As ons stilraak so in die dag, dis net ons geniet... Jy verstaan dat dit só is.”

Anzelle stem heelhartig saam. “’n Mens hoef nie altyd te praat nie, die presence maak ook baie saak."

Sy vertel: “Ek het gisteraand se braai baie geniet en ek wou net nog ’n klein bietjie meer van hom persoonlik weet en net hoor of ons twee min of meer op dieselfde vlak is. Die antwoord waarvoor ek gesoek het, het ek definitief gekry.” 

VIND UIT: Hoe goed ken jy die boere?

Helene sê vir Adriaan tydens hul one-on-one dat sy definitief sal bly as hy haar vra om te bly. “Ek gaan nie hier sit as ek nie dink dat daar ’n moontlikheid is nie.”

Adriaan waardeer die feit dat Helene reguit is en dinge meer gemaklik maak. “Ek is nie een wat ’n gesprek aan die gang hou of ’n vraag sal vra nie. Ek hou glad nie daarvan as dit stil is om die ys te breek nie. Ek sal liewers my kop in die water druk.”

Adriaan bieg dat hy reeds sy besluit geneem het en dat die alleentyd nie sy keuse gaan beïnvloed nie. “Ek het my keuse gemaak voor dit en nadat ek klaar gepraat het net bevestig dat dit die regte keuse is.”

Boer Jacques - Corné vs. Danél

Van links Corné en Danél.

Wie maak dat Jacques se hart vinniger klop? Die lenige rekenmeester of die blondine van Vredendal?

Die alleentyd lewer nuwe insigte vir Jacques op. “Dié dat Corné nog besig is met articles, dat sy nou nog eers oor ’n jaar en ’n half eers gaan klaarmaak met dit – ek neem dit in ag. Maar ek neem dit ook weer in ag dat ek kan sê as dit in ’n jaar en ’n half kan werk, kan dit vir die res van jou lewe werk.”

Op haar beurt het Corné dié week gesien dat Jacques se dade meer gewig dra as woorde in onder meer die koffies wat hy so getrou aangedra het in die oggend.

“Ek dink nie dis ’n slegte ding nie,” skerm Jacques.

“Moenie met ’n ding begin wat jy nie kan volhou nie, nè. Jy moet jou vrou altyd só bederf.”

Corné verduidelik dat sy vir Jacques gesê het dat sy nog nie haar hart gaan oopmaak nie, want sy vertrou nie so maklik nie. “Dis hoekom ek sê kom ons fokus eers op die vriendskapdeel, en dit wat dan moet gebeur, moet gebeur, want seerkry is nie lekker nie.”

LEES: Ons het by Jacques se suster ingeloer

Danél aan die ander kant, klink meer optimisties tydens haar en Jacques se one-on-one. “Jy kan my enige plek sit en daar sal ek aanpas, waar daar ’n wil is, is ’n weg.”

“Die wil moet daar wees, ja. Virseker. Dis nou maar ’n kop- en ’n hartbesluit wat jy moet maak,” sê Jacques.

“Soos ek in my brief gesê het, as ek gaan plaas toe kom, wil ek ook hier wees om jou te ondersteun en by te staan in moeilike tye. Net daar te wees vir jou.”

Volgens Jacques was sy gesprek met Danél ’n bietjie ligter. “Sy wou nie vir my so op die spot gesit het om diep vrae te vra nie.” 

Oor hulle alleentyd, het Danél die volgende te sê: “Hy het nie ’n vooropgestelde idee van ’n vrou wat hy soek op die plaas nie – dit is of jy kliek of jy kliek nie met mekaar nie. Hy het gesien ek’s ’n plat op die aarde mens en ek leef myself uit daar waar ek kom.”

Kyk hier hoe het alleentyd op Jacques se plaas verloop.

LEES OOK: 'These boots are made for walking'

Boer Ruan - Bianca vs. Marica

Van links Bianca en Marica.

Gaan die plaasmeisie Marica of die saggeaarde Bianca vir Ruan laat sparks voel? 

Tydens die alleentyd kom dit uit dat gemeenskaplike belangstellings vir Marica baie belangrik is. “Dit maak dit net soveel makliker,” vertel sy vir Ruan.

Vir Ruan is dit weer belangrik dat sy vrou eendag moet werk.

Marica sê dat sy eerder ’n mamma wil wees.

Ná hul gesprek, sê sy: “Dit was nou lekker dat dit net ek en hy was en hy’t al sy aandag net aan my gegee.”

“Marica het baie van my vrae geantwoord soos wat ek gedink het sy sal. Van dit het sy so half bietjie om dit gepraat. Sy is bang sy sê iets dat ek haar nie sal kies nie,” meen Ruan.

VIND UIT: Watter boer is jy? 

Ruan en Bianca se one-on-one neem ’n ernstiger wending.

“Hoe voel jy oor my? Is jy ernstig of voel jy meer ’n vriendskap?" wil Ruan by haar hoor. 

"Ek hou rêrig van jou. Ek kan actually rêrig sien dat ons kan saamwerk. Jy het baie eienskappe wat ek in ’n man soek.”

"Julle het verkillende eienskappe, dis net moeilik om met twee ’n spark te kry, dis nie ’n ding wat jy met ’n switch aan en af sit nie. “Ek gaan daaroor bid en hoop ek staan op met ’n suiwerder gedagte.” Ruan beskryf dat hy deur “’n helse tyd gaan” en dat hy iemand gaan moet seermaak.

Kyk hier hoe het alleentyd op Ruan se plaas verloop.

LEES OOK: ’n Span van drie

Donderdag om 20:00 gaan ons uitvind hoe die laaste dag op die plase uitspeel – jy wil dit nie misloop nie! Volg ons op FacebookTwitter en Instagram, en gesels saam by #GroterBeterBoer en #BoerSoeknVrou