Logo

Rèan en Rox-Zee – Boer Soek ’n Vrou 11

Nuus
20 Desember 2018
Rèan is smoorverlief op die Engelse Rox-Zee.
BSV-Rean-RoxZee

Rox-Zee, Rèan en Lielie. FOTO: Vanuit ’n episode van Boer Soek ’n Vrou 11

 

Boer Rèan en Rox-Zee se ontmoeting tydens die blitsafsprake-episode is ’n oomblik wat kykers goed sal onthou: “Jy’s mooi, maar jy’s Engels!” het hy vir die blondine van Durban gesê.

Haar brief was in Afrikaans en hoewel die boer nie verwag het sy gaan Engels praat nie, skrik hy nie vir ’n uitdaging nie. Sy is saam met twee ander vroue plaas toe genooi, maar selfs voordat hy dié aankondiging gemaak het, was daar ’n ooglopende konneksie tussen Rox-Zee en Rèan.

Dade spreek duideliker as woorde: Die oogkontak, aandag en aanraking het dalk selfs meer as die grappe of vrolike gesels verklap.

“Ons haal mekaar maar so uit partykeer,” het Rèan gesê oor sy “vurige” alleentyd met Rox-Zee, waarin sy onder meer vir die boer gesê het “hul ‘verhouding’ is een vet grap”.

Maar moenie vir ’n oomblik dink die boer óf sy Engelse nooi is nié ernstig oor die Boer Soek ’n Vrou-proses nie. “My hart en gemoed is reg vir hierdie storie,” het Rèan gesê.

“Ek het ’n vrou nodig waarvoor ek lief is in my boerdey, want dan gaan my boerdery floreer.

“Ek is verlief. Ek is báie verlief.”

Die vrou wat hy op die ou einde kies, het hy gesê, “werk 100% vir my”.

LEES OOK: Braai en jag by Rèan

Rox-Zee het op die dag wat Rèan sy finale keuse bekend moes maak emosioneel geraak toe Leah haar oor haar gevoelens uitvra: “Dis soms moeilik,” het sy gesê.

 “As dít is hoe hy altyd is, sal ek vinnig verlief raak op hom. Dis maklik om op hom verlief te raak.”

Rèan meen Rox-Zee is nes hy – een van die redes hoekom hy haar gekies het. “Ons is bitter baie dieselfde.”

Hy wil haar nou nie té veel komplimente gee nie, het hy gespot, maar Rox-Zee het eintlik van die begin af vir hom uitgestaan.

“Ek wil net hê Leah moet weggaan, dan kan ek jou lekker vasdruk!”

Wat gaan Rox-Zee se familie en vriende van Rèan dink? Skakel Donderdag om 20:00 op kykNET in vir ’n splinternuwe episode!