Logo

Minki deel goeie nuus!

Nuus
15 September 2017
Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Minki Joubert is swanger.
Minki van der Westhuizen

Die gewilde Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Minki Joubert het dié blye nuus op Instagram met haar aanhangers gedeel. 

Minki en haar man Ernst Joubert is reeds die ouers van twee skattige dogtertjies, Katerien en Elise. Die derde toevoeging tot die Joubert-gesin sal na verwagting in Maart gebore word. 

Baie geluk Minki en Ernst, die kykNET en Boer Soek ’n Vrou-span is baie opgewonde saam met julle!

Die nuwe seisoen van Boer Soek ’n Vrou skop 12 Oktober 2017 af op kykNET (DStv-kanaal 144).