Logo

Loer hy oor jou skouer?

Nuus
05 Januarie 2018
Loop jou boer die reguit pad of dwaal sy oog wanneer hy dorp toe gaan? Ons klop by Skelmpie-aanbieder Rian van Heerden aan vir raad.
BSV-Rian

FOTO: Verskaf 

Loop jou boer die reguit pad of dwaal sy oog wanneer hy dorp toe gaan? Hoe moet jy daardie onstuimige middeljare op die plaas hanteer en hoe weet jy as manlief belangstelling verloor het?

Met die Boer Soek ’n Vrou-deelnemers wat binnekort die dames se naastes ontmoet en moet besluit hoe die pad vorentoe gaan lyk, het ons by Skelmpie-aanbieder Rian van Heerden gaan aanklop vir raad. 

Is jy ’n Boer Soek ’n Vrou-aanhanger?
Nee, ek volg dit nie gereeld nie. As jy ’n show aanbied (soos Skelmpie) is jy maar sinies oor die liefde.

Hoe kan jy seker maak dat jou man se oë nie op die plaas dwaal nie?
Jy moet baie duidelik weet wat sy behoeftes is en jy moet seker maak dat jy, voordat jy met hom trou, hom baie goed ken en duidelik weet hoe om sy behoeftes te vervul. Anders gaan sy oë beslis dwaal.

Wat is die tekens dat jou boer op jou verneuk? 
Hy verloor belangstelling en entoesiasme en spandeer baie min tyd saam met jou. Hy kry redes om nie tyd saam met jou te spandeer nie. Hy moet nie heeltyd op die skape check nie. Hy hoef nie vier keer ’n dag te gaan melk nie. Hy hoef nie te lank buite te kyk of dit reën nie.

Jy vind uit jou boer het ’n vroulike vriendin op die dorp. Hoe reageer jy?
Is dit ’n vriendin of ’n skelmpie? Ek is nie iemand wat glo in die Harry Met Sally-tipe ding nie of straight mans wat vriendinne het nie. Jy moet sinies wees. Hoekom kan jy nie by die kuier wees saam met die vriendin nie? Hy moet eerder ’n mansvriend kry met wie hy kan gesels as ’n vrou wat op die dorp is. Onmiddellik.

Jou boer is die afgelope tyd ’n kroegvlieg. Hoe reageer jy?
In Suid-Afrika is daar net soveel dinge wat jou deur die dag kry. As hy ’n kroegvlieg is, moet jy hom vra om ’n kroeg by die huis te installeer. Dan hoef hy nie terug te ry nie en dit kry sy vriende by die huis. Dis ’n geleentheid om lewe in die plaas te blaas. Jy kan help versier aan die kroeg.

Wat is jou raad vir ’n middeljarekrisis op die plaas?
Koop ’n nuwe trekker – ’n John Deer, die sexyste een wat jy kan koop by Nampo.

Wat is die resep vir ’n lang en gelukkige huwelik?
’n Sin vir humor en ’n kort geheue. Jy moet iemand behoorlik ken voor jy besluit of jy in ’n verhouding wil ingaan. 

KYK: Gn Jerry Springer!

Donderdag om 20:00 ontmoet die boere die dames se naastes – jy wil dit nie misloop nie! Volg ons op FacebookTwitter en Instagram, en gesels saam by #GroterBeterBoer en #BoerSoeknVrou