Logo

Knoffel vir die liefde – Boer Soek ’n Vrou 11

Nuus
08 November 2018
Ons boere was soos katte wat room, oftewel knoffel, gekry het.
BSV-Knoffel-vir-liefde

Boer André kon nie die glimlag van sy gesig afvee nie.

 

Hier is ’n paar oomblikke wat uitgestaan het in die groepafsprake-episode:

Boer André kon kwalik sy opgewondenheid in toom hou! Dié boer was soos ’n kat wat room (of eerder, knoffel!) gekry het.

Gelukkig het Boer André nie gebraai vir punte nie. ’n Paar van die braaibroodjies op sy rooster was pikswart, en Corrine het uitgeroep: “André, jy brand ons harde werk!”

Boer Cassie se dames het hom sommer báie beter leer ken . . .

Boer Rèan was gaande oor al die aandag.

Boer Toanette het die vertrek opgehelder met humor.

Boer Rèan het amper vir Michelle gewys hoe!

Dit was geensins maklik om twee te groet nie, veral nie vir Boer Cassie nie.

Boer Duncan het teenoor Leah erken daar is reeds iemand wat hy dink baie goed by hom sal pas.

Het jy die episode misgeloop? Skakel Sondag om 11:30 of 21:30 in om die herhaling te kyk!

Gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik, en moenie vergeet om aan ons kykerskeuse-ervaring deel te neem nie! Lees meer hier.