Logo

Gerrie en Carna se pienkvoet is hier!

Nuus
15 September 2017
Gerrie en Carna se babadogtertjie is gebore!
Gerrie en Carna

Foto deur Cindy Louwrens

Die geliefde Boer Soek ’n Vrou-paartjie Gerrie en Carna se babadogtertjie, baba Sanri, is op 14 September 2017 gebore!

Gerrie het dié nuus Donderdagaand op sy Facebook-blad bekendgemaak en het Vrydagoggend ook aan kykNET bevestig.

Ons het vroeër die jaar by Carna ingeloer om met haar te gesels oor haar swangerskap – lees meer hier.

Baie geluk, Gerrie en Carna! Ons wens julle alle voorspoed en geluk toe op dié nuwe avontuur.


Klein Sanri is al voor haar geboorte geliefd.


Kyk net die pragtige gebruide truitjie wat Sanri eersdaags gaan dra.


Só het Carna ook die 40-week-merk gehaal.

Kykers sal ook verheug wees om te hoor dat Gerrie en Carna deel is van Boer Soek ’n Vrou seisoen 10 wat op 12 Oktober 2017 afskop. Hou ons webblad dop vir meer inligting.

Gerrie en Carna het vroeër vanjaar in ’n eksklusiewe onderhoud met ons gesels oor onder meer die sukses van ’n gelukkige huwelik – kyk die video hier.