Logo

Boer Soek ’n Vrou: Wat in die Weskus gebeur...

Nuus
18 November 2017
Wat in die Weskus gebeur, bly in die Weskus, tensy Minki met die sak patats vorendag kom.
BSV_billboard

Die branders breek in die agtergrond, terwyl Boer Soek ’n Vrou se Minki Joubert uitgevat voor die kamera staan. Ons het haar uitgevra oor die plek waar Boer Soek ’n Vrou se blitsafsprake verfilm is, wat tot onlangs nog ’n digbewaarde geheim was. 

“Ek dink oor die algemeen is die Weskus nogal underrated, want die see is baie koud,” vertel Minki met ’n vonkel in haar oog. “Ek is baie lief vir die Weskus. Ek het met Weskus-vakansies grootgeword en hulle praat van the West Coast is the best coast. Dis absoluut vir my só.”

Minki neem vir ’n oomblik haar omgewing in, hier waar hulle salig uit die publieke oog die begin van die top-5 boere se reis vasvang.

“Ek dink die lekker deel daarvan is waar ons nou was in Saldanhabaai en ’n gedeelte van St. Helenabaai en Cape St Martin. Dis net ongelooflik mooi en dis nogal ’n hidden gem, want nie almal weet daarvan nie.

Daar is dalk nie so baie akkommodasie nie. Baie van die akkommodasie hier is privaat en jy moet dalk iemand ken om hier te kan uitkom.

En natuurlik is dit hierdie tyd van die jaar ook nou nie seisoentyd nie. Só dit voel vir my ons het hierdie hele ongelooflike kus en al hierdie plekkies tot ons beskikking.

Dis ongelooflik mooi en die mense hier is net absoluut sout van die aarde.”

KYK: 'HIERDIE ANTIE ROOK NIE'

Moenie vandeesweek se blitsafsprake misloop nie! Volg ons op Facebook, Twitter en Instagram, en gesels saam by #GroterBeterBoer en #BoerSoeknVrou.