Logo

Boer maak ‘geskiedenis’ – Boer Soek ’n Vrou 11

Nuus
26 Oktober 2018
Só het kykers op sosiale media oor die briewe-episode gereageer.
BSV-Boer-Toanette

Boer Toanette

In Donderdag 25 Oktober se episode van Boer Soek ’n Vrou het Boer Toanette die eerste vroueboer geword wat genoeg briewe ontvang het om met die TV-proses voort te gaan.

“Vandag maak jy geskiedenis!” het Leah die boer opgewonde meegedeel. “Ons het al sewe vroueboere gehad,” het Leah gesê. “Vir een of ander rede skryf hulle net minder vir die vroueboere as vir die mans.”

“Ons kan natuurlik nie wag om nou bietjie 3 manne in een huis te sien nie!” het Sandra Pyper op Facebook geskryf.

#BoerRèan se sêgoed het kykers lekker laat lag.

Op Facebook het Annerette Lambrechts geskryf: “Net Noord-Kaap-mense sal verstaan.”

Boer Toanette sluit aan by Boer André, Boer Cassie, Boer Duncan en Boer Rèan, en kykers gaan dié vyf boere se liefdesreis op TV volg.

Boer Byron, Boer Frikkie, Boer Johan, Boer Marx en Boer Schalk gaan rustig op hul eie tyd deur hul briewe kan werk, en ons sien hulle weer by die reünie.

Donderdag 1 November 2018 om 20:00 kom briefskrywers van heinde en ver byeen op een plek om vir vyf minute met hulle boere te gesels – skakel in! Gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik.

Deel ook in die pret aanlyn – kliek hier vir alles wat jy moet weet!