Logo

Aan my man – Leah se dagboek

Nuus
29 Oktober 2018
Leah skryf ’n brief aan haar man, Hennie.
BSV-Leah-Brief

FOTO: Getty

Aan my liewe man, Hennie,

Jy weet dit is vir my baie moeilik om nie by die huis te wees nie, maar hierdie is regtig sover ’n baie groot avontuur, en dis definitief ’n hartsreis.

Ek leer baie. Ek leer baie oor myself, ek leer baie oor verhoudings, en dis vir my só lekker om te kan deel wees van ’n reis waar mense liefde vind.

Ek mis jou verskriklik baie! Ek doen altyd – al is ek vyf minute van die huis af weg.

Dankie vir jou ondersteuning, dat ek altyd met jou kan praat en dat jy bereid is om te luister wanneer ek nie so lekker voel nie.

Ek hoop jy mis my óók – jy beter! En dankie dat jy saam met my op hierdie reis gaan!

Love you!

– Leah

Leah saam met haar man, Hennie van Niekerk:

Lees ook Leah se vorige dagboek-inskrywing!

Het jy geweet jy kan ’n middagete saam met Leah en vier van jou vriende losslaan? Kliek hier om uit te vind hoe jy in die pret kan deel.

Gesels verder saam op ons sosiale media platforms deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik. ’n Splinternuwe episode van Boer Soek ’n Vrou se elfde seisoen saai Donderdag om 20:00 uit!