Logo

Johrné van Huyssteen: 'Elke boer wil haar vry'

Nuus
29 Januarie 2018
Johrné raak liries oor die tiende seisoen van Boer Soek ’n Vrou.
BSV_Johrne

FOTO: Verskaf

Johrné is al sinoniem met Die GROOT Ontbyt, maar het jy geweet dat hy ook ’n groot Boer Soek ’n Vrou-aanhanger is? Hy deel sy gedagtes rondom die tiende seisoen wat pas afgesluit het.

Hoekom is jy ’n Boer Soek ’n Vrou-aanhanger?
Die laaste sewe jaar het ek baie meer roetine in my lewe ná die rondjaag met ddisselblom, so kykNET is aandvermaak. Boer soek ’n vrou het iets wat vir my baie vermaaklik is. Deels die realiteit en ook my wrede kant wat gewone mense se ongemak op TV baie geniet.

Skryf hier in vir seisoen 11.

Wat sou jy sê is jou drie gunsteling Boer Soek ’n Vrou-oomblikke van alle tye?
Boer Tickey van die eerste reeks, daai besef in episode een wat jy net weet hier is ’n match.
Die boer wat die ander boer se nooi getrou het na die reünie. Priceless.
Boer Johan wat vir my baie trek na Dave Pepler se tweelingbroer, en toe hy iemand kies met die van Van Droogenbroeck.

Wat is volgens jou die ongemaklikste Boer Soek ’n Vrou-oomblik van alle tye?
Ek dink die program se sukses is dat die hele konsep ongemaklik is, van begin tot einde.

Watter seisoen is jou gunsteling en hoekom?
Elkeen het sy bekoring, maar enige seisoen wat beloon word met ’n troue bly ’n hoogtepunt.

Kyk Hennie en Jacobu se trouvideo hier. 

Wie is jou gunsteling Boer Soek ’n Vrou-paartjie van alle tye en hoekom?
Boer Tickey en sy vrou, ek het haar naam vergeet.

Wie is jou gunsteling-aanbieder en hoekom?
Nadia, want sy is my vriendin. Elma, want sy was Dezi. Angelique, want sy het gedink haar baba gaan nie die trauma van inenting oorleef nie. Minki, want elke boer wil haar vry.

Met watter boer van seisoen 10 sal jy ’n bier gaan drink en hoekom?
Attie (Boer Adriaan)! Ek moet hom mooi inlig oor hoe gelukkig hy is oor daai nooi en haar hele familie!

Hoe sou jy reageer as iemand vir jou sê jy het nou “genoeg wyn gehad?”
Ek het al daai mense uit my lewe gesny in 1988 al!

Lees: Ons tien gunsteling-sêgoed

Wie dink jy sal die beste keuse vir aanbieder wees vir seisoen 11? Hoekom dink jy so?
Kry weer vir Nadia, want sy is my vriendin, maar as ek iemand nuuts moet kies, sal dit Almarie du Preez wees. Die boere sal moet hartpille drink met die opnames.

Enige raad aan voornemende boere oor hoe om seisoen 11 suksesvol aan te pak?
Moenie so weird soos Boer Johan wees nie, jy sál dan ’n droomvrou kry.

LEES OOK: Tjeers op seisoen 10!