Logo
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144RealiteitPG13
Willie Profile

Willie

“Seker die twee mees belangrikste eienskappe van ’n verhouding vir my is vertroue en eerlikheid.”

 

Klik op ‘LEES MEER’ indien jy meer wil weet van Willie.

 

 

OUDERDOM: 23
KINDERS: Geen
KWALIFIKASIE: B.Com Landbou Ekonomie
BOERDERY: Saai en bees
AREA: Viljoenskroon, Vrystaat
HUISTAAL: Afrikaans
HUWELIKSTATUS: Ongetroud
LENGTE: 1.84 m
BOER/BESTUURDER: Plaasbestuurder

OPSOEK NA:
Sy moet ’n kind van die Here wees met goeie waardes. Sy moet eerlik, liefdevol, vriendelik en opreg wees. Sy moet passievol wees oor die goed wat vir haar belangrik is en moet die lewe geniet. ’n Natuur-liefhebber en buitelug-aktiwiteit-meisie is ’n moet.

LEWENSSKETS EN BELANGSTELLINGS:
Ek is ’n 23-jarige man wat onlangs klaar op die Noordwes-Universiteit, Landbou-Ekonomie studeer het, en boer tans tussen Orkney en Viljoenskroon. 

Ek is ’n kind van die Here en het baie sterk waardes wat ek in my daaglikse lewe uitleef. My karakter-eienskappe is goed gevorm, en ek weet wie ek is en waarvan ek hou.

Die belangrikste goed vir my is om altyd die positiewe in elke situasie raak te sien en om uitdagings met passie en deurnis aan te pak.

Ek hou van lag en het ’n goeie sin vir humor. Ek ontspan deur te braai saam met vriende of familie, om ’n episode van ’n storie te kyk of om met my twee baba skaaphondjies te gaan stap en speel. Verder hou ek ook baie daarvan om kwaliteit tyd saam met my familie en vriende te spandeer.

Ek het ’n baie groot passie vir boerdery as gevolg van die feit dat ek buite in die natuur kan werk waar ek elke dag God se handewerk kan aanskou. Een van my gunsteling tydsverdrywe is om tyd in die natuur te spandeer. Ek hou ook baie daarvan om na nuwe plekke te reis, nuwe kulture te verken en nuwe mense te ontmoet. My heel gunsteling plek om te besoek is Namibië. 

My stokperdjies sluit onder meer bergfietsry en visvang in.

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:
Seker die twee mees belangrikste eienskappe van ’n verhouding vir my is vertroue en eerlikheid. Ek voel sterk daaroor dat sonder hierdie twee aspekte, tesame met kommunikasie, geen verhouding kan werk nie, en moes dit ongelukkig op die moeilike manier leer.

Ek is nie spyt oor die les wat ek moes leer nie. Dit het my laat besef wat ek in ’n verhouding soek, en dat ek nog nie die een gevind het nie.

Ek is oop vir nuwe dinge en hoop om die een te vind met wie ek my passie en liefde kan deel

BESTE EIENSKAPPE:
Ek’s eerlik, opreg en liefdevol.

SLEGSTE EIENSKAPPE:
Ek vertrou te maklik, maak my hart te vinnig oop, en sien nie altyd die gevaartekens raak nie.

IS DIÉ BOER ROMANTIES EN DIE IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK:
Ek beskou myself definitief as ’n romantiese mens. Ek hou daarvan om klein dingetjies te doen vir iemand wat vir my spesiaal is – dit is my grootste liefdestaal. Ek voel dis hierdie goedjies wat die meeste tel. 

Klein goedjies soos om vir haar die deur oop te maak, of om vir haar ’n veldblommetjie te pluk is tog dít wat regtig saak maak – enigiets om haar spesiaal te laat voel.

Romanse is ook ’n belangrike aspek van ’n verhouding, en sodra jy liefde gee sal jy dit ook ontvang.

My ideale romantiese afspraak sal ’n piekniek op die plaas teen die Vaalrivier met sonsondergang wees. Om in die natuur te sit en die mooi prentjie te aanskou en ’n glasie wyn met ’n paar eetgoedjies en goeie geselskap te geniet sal die perfekte afsluiting vir enige dag wees.

STEL JY BELANG IN WILLIE? SKRYF DAN VIR HOM ’N BRIEF!

Inskrywings-tydperk vir Boer Willie is verleng en sluit 2 Junie 2017.

 

Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere

Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere

1 van 10