Logo
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144RealiteitPG13
Carl

Carl

“Ek sal my ideale maat beskryf as iemand met goeie beginsels en waardes, met ’n warm persoonlikheid en wat spontaniteit uitstraal. ’n Verhouding met die Here is vir my belangrik en is die hoeksteen van enige verhouding.”

Klik op ‘LEES MEER’ indien jy belangstel in Carl.

OUDERDOM: 31
KINDERS: Geen
KWALIFIKASIE: Diploma Landboubestuur
BOERDERY: Skape en beeste
AREA: Carnarvon, Noord-Kaap
HUISTAAL: Afrikaans
HUWELIKSTATUS: Ongetroud
LENGTE: 1.8 m
BOER/BESTUURDER: Boer

OPSOEK NA:
Ek sal my ideale maat beskryf as iemand met goeie beginsels en waardes, met ’n warm persoonlikheid en wat spontaniteit uitstraal. ’n Verhouding met die Here is vir my belangrik en is die hoeksteen van enige verhouding. Ek is opsoek na iemand wat beide opreg sowel as ’n familiemens is, wat daarvan hou om sosiaal te verkeer en om ’n gebalanseerde lewe te handhaaf – en hopelik iemand wat my in alle opsigte sal ondersteun.

LEWENSSKETS EN BELANGSTELLINGS:
Ek het ’n absolute passie vir boer, wat ek daagliks saam met my pa aanpak. Ek sal myself beskryf as ’n ekstrovert, spontaan en lief vir mense en diere! Ek is baie lief vir dans en vas dans! Verder is ek ’n groot sportliefhebber wat rugby saam met vriende geniet, en self ook duiwesport beoefen. Ek is ’n groot familiemens met Christelike beginsels as my kompas vir die lewe.

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:
Uit vorige verhoudings het ek geleer dat kommunikasie en eerlikheid die hartklop van enige verhouding is. Ek glo dat jou lewensmaat werklik jou beste maat moet wees. My raad is dat mens eerder mekaar moet aanvul binne die verhouding, in plaas daarvan om mekaar te probeer verander. En dan die belangrikste: albei se fondamente moet gegrond wees in die Here.

BESTE EIENSKAPPE:
Ek is ’n eerlike en opregte mens, en sal my vermoë om met verskillende mense oor die weg te kom as my beste eienskappe beskryf.

SLEGSTE EIENSKAPPE:
Ek is soms ongeduldig, maar darem nie onredelik nie. Ek is oorversigtig en oordink soms dinge, en kan moontlik potensiaal misloop. Ek hou nie van sukkel nie, dan raak ek moedeloos, maar dit hardloop in ons familie…

IS DIÉ BOER ROMANTIES EN DIE IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK:
Ek sal nou nie sê ek’s ’n romantikus nie, maar as ek betroke is by iemand vir wie ek omgee, is ek lief om die persoon te bederf, te komplimenteer en spesiaal te laat voel.

My ideale romantiese afspraak sal ek beskryf as ’n piekniek in die Karooveld onder die sterre, met net die naggeluide in die agtergrond.

STEL JY BELANG IN CARL? SKRYF DAN VIR HOM ’N BRIEF!

Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere

1 van 10